Waar jy was

Haal Aan

Waar jy was

Soms wil ek my net verwyl
in die lêplek van my hart se hart
waar jy nog skuil,
ek wil sit, ek wil dáár vertoef,
net ‘n bietjie draal,
waar ander wette die weg van
ons eindlot bepaal.

Ek wil ‘n bietjie huiwer
waar jou lagstem nog, so suiwer
kon resoneer en troef en speel.
Waar, vervaag het in sy geheel
die ritme van die wêreld buite
op die aandrang van ons wilsbesluite.

Maar in dié ontmensde hart se gang
loop net die diepste, diep verlang

 

 

Uit: Naakstudie van ‘n boeremeisie deur Marlene Jordaan

Advertisements

Rooi boots vir die ouvrou.

So het die groot Vier Nul gister ook vir my aangebreek.

Ek het nogal opgesien daarteen, en soos ek vermoed het gaan gebeur, was ek lekker tranerig Saterdag. Oor ek na my ma verlang het en vies was vir die heelal oor ek weeskind-weeskind moet verjaar.

Toe lê ek lekker jammergatterig op die bank met my vrotste sweetpak en my hare wat soos ‘n voëlnes lyk.

Ek hoor toe net iemand so vinnig agter my beweeg, en sien toe my vriendin, Elane, se blonde poniestert agter die deur in wip.

Ek loer om die hoek en sien hoe sy ‘n klomp eetgoed op die tafel uitpak. En ‘n bottel sjampanje met een van daai goed aan wat mens in die kar se agterruit vassuig, wat sê “40 and sexy”.

Toe hol sy weer uit en sê: “Sien jou later!”

Toe suprise my pelle my later (nadat ek gelukkig my hare gaan kam en ordentlik gaan aantrek het).

Kyk hoe mooi was die cupcakes.

Ek wou baie graag ‘n paar rooi cowboyboots wat ek al lankal eye vir my verjaardag gehad het, maar hulle het nie my nommer gehad nie. Toe sit my pelle maar vir my ‘n rooi boot op die koek.

Nou is ek 40.

Jippiiiieeeeeee!!!!

Sug.