Kyk tog net vir daai lidmaatskapkaartjie voor jy die hotwings verkoop

Die VOLK se haat en kwaad verstom my.

Ek weet nie eintlik hoekom nie, want ek hang al jare saam met hulle op sosiale netwerke rond. Ek dink eintlik die probleem lê daarby dat elkeen met ‘n radikale eier te lê, nou toegang tot die internet het.

Dalk is 3G-selfoontorings nou meer prolifies op afgeleë plase, who knows. Grappie. Not.

Maar mense wat ‘n man wat vir sy brood en botter gaan sing het op die president se inhuldiging, se kind doodwens, is om die minste te sê, siek. Dit grens aan waansin. Rassistiese waansin. Idiotiese waansin.

Dan moet elkeen van hierdie mense met ‘n motorhawe tog net ANC-lidmaatskapkaarte check voordat hy sy petroljoggies laat petrol ingooi vir elkeen met van ‘n 4 plus one-skorrokoro tot ‘n gravytrein-Merc.

Of as jy wat Kurt so skel ‘n verfwinkel het, moet jy net nie geel, swart of groen verf verkoop aan enigeen wat moontlik soos ‘n regeringsondersteuner lyk nie. Dis volksverraad. En as jy regtig AL die ‘libtards’ haat, ook tog net nie nie helderblou verf nie. Hy verf dalk sy posbus en tarnish die “wit woonbuurt”.

As jy die eienaar is van die local Chicken Licken, of KFC, is jy ongelukkig geheel en al in jou moer in. Sluit jou besgiheid se deure asb en gee jou customers se geld terug. Want beginsels is baie belangriker is om geld te vat van enigiemand wat die regering goedgesind is of, behoede ons, positiewe drome het vir die land. Vra voor jy die order vat. “Do you want everyone to work together in this country. Yes?! No hotwings for you then, sir.”

Hoe durf jy ‘n lewe maak, jou nering beoefen, deur besigheid te doen met die regering???? So elkeen wat vir Kurt kwaad is, gaan kanselleer enige bou-, verf-, IT-, plavei-, diesel,- herstelwerk-, of (take your pick) vervoerkontrak wat jy met enige staats- of semistaatsinstelling het, asseblieftog.

Gaan haal jouself sommer nou van vendor’s lists ook af. Selfs van maatskappye wat met die regering sake doen s’n, want dis mos ‘guilty by association’.

Jy mag ook nie viral videos kyk wat ons land se goeie eienskappe uitbeeld nie. Sit af jou Youtube en laat sny jou internet af. Want o hel, behoede dit tog dat iemand tog net iets opbouends en goed te sê of te doen het vir ons landjie.

EK Sê DIT: Ek is lief vir ons land. Ek dink as ons almal saamwerk, kan dit werk. Selfs ou Kurt, al kan hy nie regtig sing nie (in my opinie). Maar hy sing steeds beter as ek, en dit maak sy aksie belangrik.

Ons het ‘n idioot vir ‘n president, maar ons het baie meer slim, hardwerkende, eerlike mense, wat hier wil bly en gatvol is vir die handjievol, kermende, siek spul negatiewes.

Dankie tog.

31 thoughts on “Kyk tog net vir daai lidmaatskapkaartjie voor jy die hotwings verkoop

  1. In krokodil se goeie tyd sou die grootpraters iewers ingeploeg gewees het as bemesting.

    Van plase ??? miskien maar regte boere is meer in aanraking met realiteit.

    Die probleem is by die ons.
    As jy twee Engelse bymekaarsit vorm hulle ‘n “empaaier”
    As jy twee Hollanders bymekarsit bou hulle ‘n dyk
    Twee Portugese bou ‘m vis en skyfie winkel
    Twee Afrikaners ?? stig twee kerke en drie politieke partye
    Sou ons versuip soek ons stroom-op!!!

  2. so ‘n bek moet jêm kry. nee heerlikheid – dis hoekom ek net nie meer op sekere sosiale media platforms operate nie – my faith in die mensdom sal verdwyn. wat de dinges gaan aan met sulke mense ?? en die ergste is, dis tien teen een mense met wie ons te doen het op ‘n dag tot dag basis in die “regte lewe” … o jinne, ek moet so iemand raakloop ..!!

  3. Ek stem honderd persent met jou saam. Ek het al voorheen iewers gepraat van hoe maklik dit vir mense is om negatiewe en veral bitsige en soms eenvoudig net platvloerse kommentaar te kan lewer. Ek is op die oomblik soos ‘n verslaafde wat kan sê dat ek al …. soveel maande ‘skoon’ is – ek lees eenvoudig net nie meer die kommentare nie, want daar is min dinge wat my so in die dieptes van depressie kan dompel soos die gedagtes van onse volkie, ongeag die kleur, godsdiens of politiek. Die internet het nou die weerspieëling geword van wat werklik in mense se koppe aangaan en dit is nie ‘n mooi prentjie nie. Een ding is seker – maak nie saak wat die oorspronklike onderwerp was nie, die kommentare word altyd weer oor dieselfde boeg gegooi,

  4. Jou pa was reg, ek het ook daai storie by my ouers gehoor. Politici kan ook maar baie sekrp wees met hulle kritiek en tannie Zille is ook besig om die pad byster te raak hiermee en dit is jammer. Ek glo egter nie dat sy mense sal dood wens soos wat Kurt blykbaar ervaar het nie. Jou heel laaste sin – ek hoop jy is reg, maar soms ek dink hulle is heeltemal te veel.

  5. Sjoe, jy het dit so mooi gestel! Ek is baie gelukkig of dalk eng genoeg om nie blootgestel te gewees het aan die siek kommentare oor Kurt nie, maar het wel ‘n artikel daaroor êrens aanlyn in ‘n koerant gelees. Persoonlik is ek glad nie ‘n Kurt-fan nie en ook nie ‘n Zuma-fan nie, met die gevolg dat ek nie die inhuldiging of die kunstenaars se optredes gevolg het nie. Ek word egter telkens geskok deur die haatdraendheid, die afbrekendheid en negatiwiteit van die kommentaar, nie net oor Kurt nie, maar oor bykans enigiets wat in hierdie land gebeur. Dit is asof ons besig is om ‘n negatiewe gees te help skep en totaal opgeneem word daarin. Sodoende skep ons eintlik ‘n siek, negatiewe samelewing. Geen wonder hier is soveel haat en woede nie. Ons bedink, bepraat, beoefen dit en versterk dit met ons eie negatiwiteit. Het al vroeë jare geblog or hierdie tendens. Ek wonder wat maak dat mense so optree? Het ons ons basiese goeie maniere en ordentlikheid verloor? Tannie Zille het tydens Robinson Regstreeks vir my ‘n oulike ding gesê op ‘n vraag oor watter soort kieser sy wil hê vir haar party moet stem: Ons is nie ‘n party vir swart of bruin of wit nie, maar vir ordentlike mense. Ek wonder altyd of mense wat so kras, neerhalend en negatief is, besef hoe hulle eintlik hul eie ordentlikheid prysgee? Hoe hulle hulself eintlik gelykstel met die mense wat hulle so kritiseer?
    Sjoe, dis ‘n bekvol, ek hoop ek is nou vir eers uitgewoed….

    • Wat wel interessant is, is dat Helen Zille haar ook die afgelope paar weke op veral Twitter skuldig gemaak het aan bitsige aanvalle op joernaliste en mense wat oor die algemeen nie met haar saamstem nie.

      Miskien is dit so dat dieperliggende gevoelens in die verkiesingstyd juis ook skerp na vore tree, omdat debatte intenser is en mense skerper met die tong

      Miskien is ons ook net meer bewus van al die vuilspel. Ek weet my pa het my vertel dat hy as kind op vergadrerings was waar die vuiste en beledigings tussen Natte en Sappe gevlieg het. Daar was net nie direkte media wat dit uitgesaai het nie!

      Maar dat daar ‘n deeltjie is van die Afrikanervolk wat ek niks van hou nie, is ‘n feit. Gelukkig is hulle min.

  6. Ek dink ons is almal vuisvoos vir die Regering se “stupidity”, ag sommer alles wat verkeerd is in ons mooi land… maar soos vroeër gesê is, ons het besluit om hier te bly en ons sal moet die beste van die saak maak.

    Om Kurt se kind te verwens is die ergste vorm van nie net wreedheid nie maar ook imbisiiteit. Ek het op die openbare platvorm ‘n volk gesien wat my skaam maak… As iemand nie met jou saamstem nie dan is die volgende stap om daardie persoon se karakter aan te vat en skoon te vergeet waaroor die hele ding eintlik gaan. Ek is geleer om nie mense met die Bybel te slaan nie maar so te leef dat mense kan sien wie en wat ek is en dat mense jou lees soos “n brief. As jy nie die vrugte van die Gees in jou het en uitdra nie is jou brief nie die van ‘n gelowige nie. Mense ry graag op die “christen-boot” maar vergeet van dinge soos die vrugte waaraan mens geken word. Verdraagsaamheid, vergewensgesindheid, deernis en daardie dinge bestaan ongelukkige nie meer vir baie mense nie. Ek weet daar is baie moorde, lelike dinge wat gebeur selfs onder ons eie mense… maar hou op galbraak… bid eerder vir vrede en reg en geregtigheid in alle opsigte.

    Ek glo as ons saamstaan eerder as om mekaar aan te val en af te breek ons veel meer uit hierdie lewe sal kan kry.

    Murphy dankie vir jou skrywe… ons het lankal so iets nodig gehad. Ek hoop sommer baie mense lees dit.🙂

  7. Zuma is nie my gunsteling nie, maar ek sny eerder my tong uit voor ek hom of enige iemand van hom, of enige iemand wat ongeveer naastenby doen wat Kurt gedoen het, so verwens. Karma is en bly ‘n bitch, wat jy uitstuur kom terug na jou toe. As mens besluit om in SA te bly, dan moet jy weet waarvoor jy jouself inlaat en dan moet jy die beste doen wat jy kan, nie die slegste omdat ander ook nie ‘n hel omgee nie. Want dan word en is jy nes hulle waaroor jy kerm.

    • Ek sien hy sê hy’t nogals gedink mense gaan vir hom kwaad wees. Ek reken egter hy’t nie besef hoe diep van sy aanhangers se haat lê nie. Dit moet nogals scary wees vir ‘n kunstenaar, want jy’s in die openbare oog, en daar is wragtag malles daar buite.

  8. Eish, eish. Die kommentare hier is mak in vergeleke met ander platforms, dankie tog. Ek moet my bydrae lewer ek moet net. Ek is self knorrig oor wat in die land aan die gebeur is, met reg. Is self deel van die misdaad statistiek, het ook ‘n uitstaande Etoll rekening, so what ek is ‘n kind van Afrika, Suid-Afrika om spesifiek te wees. Ons het ‘n Nkandla, hulle nie, put that in your pipe and smoke it. Selfs met al die probleme in die land is dit steeds die lekkerste om op OR Tambo se grond te trap met die terugkomslag. Met die klank van ‘n Kentucky asem en wit tande welkom geheet word in my geboorte land, eish man lekker. Hier is alles net anders en lekkerder as die res van die planeet. Al is dit lekker om in ‘n eerste wereld land rond te beweeg waar alles werk diens teen die spoed van lig, bly ek ‘n boerseun.

    Kurt sal die publisiteit geniet al moet ek nou teen my wil ook iets oor hom kwytraak. Ek laaik sy musiek, maar nie vir hom nie, hy laat my dink aan ‘n man wat piramide skemas verkoop, of assuransie smous, te blink en te glad. In ‘n kapitalistiese en demokratiese omgewing doen jy besigheid met die een wat betaal, hy het ook. Ek kon nerens sien of daar rerig iets oor sy baba kwytgeraak is nie, behalwe dit wat hy beweer. Dit is siek punt. ‘n Verregse stommerik het self so iets teenoor my kwytgeraak voor 94 se verkiesing en hy vreet waarskynlik nog aan sy blikke bakebeans, terwyl my dogter al mooi groot en suksesvol is in hierdie pragtige land.

    Ek het hierdie pos baie geniet en myself ook verlekker, want dit sny fyn, baie fyn.

    Ek wil afsluit met ‘n waarskuwing. Dit wat jy kwytraak op die virtuele omgewing gaan verewig in die wolke rond swerwe en eendag gaan daardie muvie weer vir jou gespeel worre. Jy gaan die gevolge dra ou maat.

    Seg Bloedbek

    • Dankie Bloedbek, vir jou seg. Ek het nou lekker gelag, want hier is ‘n hele paar dinge wat jy sê wat waar is, en SNAAKS. Ons is ‘n unieke land. My vriendin wat al meer as 20 jaar in die VSA woon, vat net 20 minute terug op eie bodem vir haar Suid-Afrikageit om weer uit te kom wanneer sy jaarliks kom kuier. Dis in ons, dis deel van ons.

      Ja, ons is in ‘n helse gemors, en as ek so kyk na die nuwe kabinet, trek my maag op ‘n knop. In ‘n ideale situasie sou ek ook nie ‘n sent van enige van die lot (natuurlik is daar uitsonderings) wou vat nie.

      Maar ons almal moet ‘n lewe maak, dis die realiteit.

      Na jou laaste sin, gaan ek ook maar weer ses keer dink voor ek op die virtuele omgewing bek uitspoel. Maar gelukkig gaan ek nou nie by Front Nasionaal werk soek nie.😀

  9. Man, dankie vir hierdie lekker stukkie. Ek hou niks van Kurt nie, maar wragtag, die kritiek teen hom van ‘n klein klompie verkrampte siek afrikaners maak my ook sien. Die dat ek deesdae myself nie meer as ‘n afrikaner reken nie.

  10. Ja,vandat die gewone mens ‘n platform op internet gekry het,neem die bitsigheid en beledigings erge afmetings aan.Ons is geleer om tweemaal te dink voor ons praat,maar deesdae is dit ‘n ondeurdagte geskellery en aftakeling van medemense.Goed geskryf.

  11. Wat my verstand te bowe gaan is die feit dat hierdie sogenaamde “right wings” of wat ook al hulle hulself genoem wil hê, gaan uit eet en fliek en petrol ingooi en en en en…… 90% Van dienste wat verskaf word deur mense in ons land is nie wit nie.. Daar is ‘n rede hoekom meeste geweld deur swart mense gepleeg word. Hulle is die meerderheid. As ons die meerderheid was sou dit ons gewees het. Kurt het bloot n besigheids besluit geneem. Dit is al. As ek ‘n produk moet verkoop en twee mense nader my, een swart en een wit, gaan ek nie ‘n besluit maak bloot gebasseer op ras nie. Ek gaan verkoop aan die een wat die meeste wil betaal. Dit is besigheid. Ek is seker simpel maar dit maak my net trots om Afrikaans te wees om Kurt op daardie verhoog te sien.

    • Hy is nou nie my gunsteling nie, maar dis sy demokratiese reg om te doen en sing waar hy wil, jy is reg!. Ek dink sommige mense se demokrasie is ‘n eenkleur (of vierkleur) demokrasie.

  12. ..nou nie op Kurt Darren betrekking, lank terug was hier ‘n pasiënt wat eers wou weet of my kind ‘n christen is,voordat sy haar toegelaat het om haar ingroeitoonnael prosedure laat doen (!!)… en ontsteld was omdat my kind aan ‘n Pakistan-burger se voete gewerk het..

  13. Maar Kurt Derm het dan mooi vir Zuma gesing….Kaptein span die seile…ons bootjie sink…en net soos die laaste noot hier by Zuma se voete in die stof val het hy weg getrek met …Seerower

    Hehehe

  14. Het ons rêrig mense ” wat hier wil bly en gatvol is vir die handjievol, kermende, siek spul negatiewes?”

    Of eerder moet ek vra: Is die negatiewe mense maar net ‘n handjie vol? Ek weet ek is een van hulle. Want die vet weet, twee inbrake, 1 Nkandla, 4 e-toll gantries en 1 Patetiese staatshospitaal verder is ek ook maar aan die gatvol kant vir die land.

    Dan praat ek nie eens van 4 speurders wat nie weet wat is ‘n Xbox nie…

    Net nou die dag ry ek so in ‘n straat af oppad KFC toe, en ek lieg nie, elke hek of muurtjie het ‘ n bordjie wat sê: Armed Response. In die oggende in ons straat kan ek vir jou sê wie staan nou waar op, as ek hoor hoe die alarms afgesit word in die oggende.

    Ons as volk is gatvol.

    Maar ek self sal graag wil hê ons land moet reg wees. Saamwerk. Saamstaan. Maar soos baie ander mense wonder ek net of ons dit kan doen, want heel duidelik is ons land maar baie gelukkig met die ANC.

    Breek mens se spoed.

    Sorry dat ek nou hier kom kla het. Maar die van jou was ‘n goeie skrywe.

    • Jy mag mos kla. Hoef nie sorry te sê nie. Ek is ook gatvol vir stupid politici en stupid regeringsbesluite. Ek is ook gatvol vir potholes en rioolwater.

      Maar die werklikheid is dat die meeste van ons op een of ander wyse met die staat of staatsamptenare of JZ-ondersteuners besigheid doen.

      Ek dink net mense het erg dubbele standaarde, en as mense ‘n sanger se kind doodwens, voel hulle duidelik so sterk daaroor dat hulle hulle ‘money where their mouthes’ is moet sit.

  15. My aanvanklike reaksie was dat hy speel met vuur, maar dat sy aanhangers hom sal “vergewe” en maar net weer sy volgende CD sal koop. Maar ek het ook besef dis ‘n lekker geldjie wat hy daar maak!

    Ek dink egter dat meeste mense hier ‘n verskil sien. Wanneer mens handel dryf rondom ‘n geleentheid soos die en jy is persoonlik daar dan word daar onwillekeurig aangeneem dat jy die geleentheid “endorse”. Dis ander as bv die spyseniers…ons weet nooit wie hulle is nie en dit word geag ‘n normale besigheidstransaksie.

    Nou of die redenasie reg of verkeerd is is eintlik nie belangrik nie. Meeste mense gaan so dink daaroor. Dit regverdig ook nie hul reaksie nie. Maar dis maar hoe ons volkie is. Wat anders kan mens verwag van mense wat so mal is oor 7de Laan.

Wat sê jy?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s