Die onvermydelike seisoen

Wanneer die eerste sneeu op die Lesotho-berge val en die koue oor die Vrystaatvlaktes aangesweef kom, wikkel ‘n aartsverlange in my los.

Tussen dringende gesoek na skoolskoene, lang kouse en truie deur, lê die verlies van dié wat nie meer daar is nie, skielik swaar en meedoënloos in my hart.

Elke jaar, wanneer die herfsblare begin val, wissel my  menswees ook.

Ek word in dié tyd weer kind. Dan wens ek vir ‘n plekkie waar ek versorg kan word, waar ek geborge kan voel. Waar die kombers ook agter my rug ingedruk word en ek ‘n koppie sop kan kry.

Namate die eerste ryp op die gras val, en die snerpende koue sy kloue in elke lewende wese inslaan, word daardie gevoel gelukkig ‘n bietjie beter. Want geen mens se hart sal dit hou om permanent met daardie verlange te loop nie. Jou hart sal dit nie maak nie.

Later, soos die koue alledaags word, sien jy weer kans om die grootmens te wees, die primêre versorger in jou huis. Jy is nie meer net die kind wat as een poseer nie. Jy gaan aan.

En soos die winter einde se kant toe staan en jy kans sien om die lae klere te begin afgooi, kry jy weer hoop. Hoop op dit wat beter is, dit wat vernuwend is en vrede bring.

Maar dis egter altyd met die wete dat jy ook ‘n herfsblaar aan die voete van jou kinders se lewensboom gaan wees.

Vir hulle is jou dood ook ‘n onvermydelike seisoen.

 

 

 

 

8 thoughts on “Die onvermydelike seisoen

  1. Jy beskryf so goed wat ek met elke winter se begin aan eie lyf voel. Dan wil ek soos ‘n kleuter op die grond val en my voete trommel en skree “ek soek my Maaaa!”

      • kopdiarree – dis goed gese en presies wat dit is. ek mis dit nie eintlik nie – om die waarheid te se. ek doen nog ander sosiale media goed, maar issue-lose goed. 😉

Wat sê jy?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s