As mense dink jy dink soos hulle: Braaivleisvuur-pilepsie.

“Ons mense” is mos snaaks.

Om een of ander rede dink mense as hulle om ‘n braavleisvuur staan, maak daardie vuur dat almal om hom dieselfde dink. Iets soos vuur-pilepsie. Braaivleisvuur-pilepsie.

En menige keer bevind ek myself dan in die eienaardige posisie dat ek ten hemele wil skree oor beledegende en oningeligte goed wat kwytgeraak word, die kwyteraar sekerlik menende hy kan dit sê, want almal hier dink “mos soos ons.”

Dit gebeur nie net om braaivleisvure nie. Dit gebeur in koekbakvergaderings en sportdagkosstalletjiebesprekings ook.

Dan kom die ”ons” en ‘hulle” baie gou na vore. Die ”hulle” kan enigiets onder die son wees: Ander rasse, ketters, dommes, armes, tuisonderig-ers, noem dit. Die groep wat beledig of ”ontleed” word, is eintlik irrelevant.

Die punt wat ek wil maak, en wat my dwars in die krop steek, is dan die aanname dat almal in die geselskap dieselfde standpunt inneem oor die ”hulle”. En dit by blote assosiasie met die ”ons” wat in die groepie om die vuur staan of die kosstalletjie beman, weens geografiese ligging en oorheersende gemeenskapllike voorvader-DNA.

Ek is ‘n groot voorstander daavoor dat elkeen sy eie opinie mag hê. Die grootste rede hiervoor is natuurlik om die selfsugtige rede dat dit eintik mos beteken dat ek ook my eie opinie mag hê. Freedom of speech and all that.

Maar dikwels bevind ek my in die posisie dat ek my eie opinie onderdruk. Die rede hiervoor is omdat ek meeste van die kere ervaar dat ek die enigste een in ‘n geselskap is wat ‘n sekere opinie of siening handhaaf.

Dit maak my nie beter of slegter as die ander opiniedraers nie, maar ek bly dikwels stil, omdat ek nie myself of my kinders wil brandmerk as ”anders” nie. Hul hele skoolloopbaan lê nog voor, en ons dorpie is klein.

Wat my egter dwars in die krop steek, is die absolute ”dogged determination” van “ons mense” om net eenvoudig te aanvaar dat almal in ‘n geselskap dieselfde voel oor ‘n ding, bloot eenvoudig omdat ons almal dieselfde lyk en praat en daar IS.

Ek lees in gister se BY twee artikels wat my nogal geraak het. Die eerste is van Suna Verhoef, wat as eks-vrou van ‘n dominee vertsoot en verwerp is, en gebrandmerk is as ‘n vrou wat “haar man en kinders verlaat het”.

Reg langsaan praat Chris Chameleon oor sy eerste gewaarwording as kind dat ons nie die beste nasie op aarde is nie, en dat daar ander wêreldkampioene was as Jan Wilkens.

Eenspaaierig, noem hy dit.

“Ek is my hele lewe lank al eenspaaierig, en ek het nog altyd ’n verborge weersin aan die kudde gehandhaaf. Ek verstaan nie kollektiewe verantwoordelikheid nie.” – Chris Chameleon.

En ek vermoed ook kollektiewe verantwoordelikheid op die ou ende die doodskoot van my siel gaan wees.

37 thoughts on “As mense dink jy dink soos hulle: Braaivleisvuur-pilepsie.

  1. het gister so aan jou gedink murphy. terwyl ek vir my man gewag het in ‘n coffee shop, het ek aan die gesels geraak met twee ouens. sonder om in te veel detail te gaan – die een ou was besig om te lees, en die ander dude wat met my gesels het was so begaan omdat ek nie na die instansie toe gaan nie, en meer spesifiek na sy instansie nie. bogger nou of ons dieselfde glo, sy rug was net styf omdat ek nie na die instansie toe gaan nie … so freakin sad …

  2. Murphy, ek ken jou gevoel baie goed. En ook ek bly dikwels stil en dink (onder andere) by myselwers: “It’s futile to try to save a fool from his folly…”

    Die lawaaiwater kan nie al die blaam dra nie- dis immers kennelik afwesig by die koekbakvergaderings. (Wat ‘n jammerte is aangesien ek reken dit sou die emosionele pyn en lyding van die vergadering-ervaring vir siele soos en en jy kon help verdoof!) Rondom die braaivleisvuur laat dit egter dikwels wel die ou dun lagie inhibisie-vernis afskilfer sodat die ware Jakob hard en duidelik deurskemer.

    My diagnose van die kern van die probleem is: ‘n toksiese kombinasie van “arrogance & ignorance”. Met ‘n groot skeut tonnel-visie. Maar ander mense is welkom om van my te verskil. Of om dieselfde ding anders te spel.

    “To strive to conform and to strive to be different are two equal but opposite forces in humans. The outsider is therefore often feared and admired in equal measure.”

    So skryf Des Spence, ‘n GP in Glasgow, in verlede week se British Medical Journal. Hy verwys spesifiek na sy kinderjare ervaringe toe hulle as Engelse gesin na die geslote gemeenskap van die Skotse Orkney Eilande verhuis het.

    Dis dalk een van die maniere om die ding anders te spel.

    • dis nou baie goed gestel ja. ek like die toksiese kombinasie van “arrogance & ignorance”.

      maar weet julle – ek het ook al agtergekom dat baie mense net genuine heeltemal flippen ignorant is … as ‘n mens hulle daarop uitwys, dan kan jy sien dat hulle net regtig nie daaraan gedink het nie. ek rol natuurlik my oe daarvoor, want ek sal dit nooit verstaan nie, maar party mense dink net regtig nie.

  3. Ek weet ook nie wie “hulle” is nie, en my persepsies daaroor is alles vermoedens.
    “Hulle” is ook almal aktiewe passiviste, en die rebelle verander die wêreld.
    “Hulle”, die onbekende groepering van oningeligtes, is ALMAL wys, todat hulle begin praat!
    Ek sê maar net…

  4. Dalk is dit meer die Klippies-en-Coke wat versigtige tonge tot dapperheid aanspoor. Dit raak boonop nogal interessant wanneer mense met opponerende sienings besef jy stem nie met een van hulle saam nie.

  5. Maaitjie, ek kon plekke soos Landbouweekblad se webblad- se blue eyed boy gewees het, dit sou net gekos het dat ek onaantasbare Ikone toelaat om kleingeestige dinge die standaard te maak. Toe dit by die swartes het nie siele nie en is nie mense en diesmeer merk verbygaan toe druk ek hero status in anale kanale in en gaan van hero tot zero. Dit kos net om met onaantasbare Ikone te verskil om jou helde status te verloor. Daarna is dit hell en parafien. Dit het so 2-3 jaar ballingskap en sensuur gebring, maar daarna is ek nogsteeds myself, en is nie spyt nie. Die ou wolkie hang maar altyd oor my, maar ek wen elke dag 2cm en is besig om op te gear vir 3cm! Behou verhouding, met jouself, dan ander.

  6. lol, net so murphy. Ek was nog nooit ‘n kudde-mens nie, deel van die “ons” nie (and proud of it). Ek dink dit was Kierkegaard wat geskryf het oor die demoniese mag van die massas…..

    Ons spot altyd in ons gesin as iemand na “hulle” verwys…..wie’s die “hulle”.

  7. Murphy jy moet jou wyshede tog meer neerskryf! Ek kan maar net 100% saamstem (ek weet nie of dit dan ‘n “ons” vorm nie…). Die illusie van enigheid en vrede is maar ‘n dun lagie vet oor die kragte wat daaronder werk en werklike vriendskappe en gegronde verhoudinge word net sterker deur meningsverkille. So ook die intellek – om alles skaap-agtig na te volg, beteken dat jy óf skaap bly óf iemand anders word.

    Iemand het eens vir James Hillman (Jungian Analyst vir wie ek baie tyd het) gevra, “What is the goal of psychology?” Sy antwoord: “To help people to be more odd”. In ander woorde, om met mense te journey sodat hulle meer hulself kan word. As “hulle” dit tog net wil besef ….😉

  8. No Shit Sherlock..ek noem dit kleingeestigheid, en dit kom fluweel bedek in arrogansie. Net dat jy weet, as jy n eie besigheid met baie agente het, dan bly jy ook stil vir hul onthalwe in die landbou mark..

    Groepsregte, groepsdenke en etniese perspektiewe en stereotipes is die kern van kleingeestigheid. Om die meeste van jouself te wees, vereis om die meeste van iemand anders te kan ervaar. En dit my liewe kliendorpie vriendin, sit nie in hierdie strond in hierdie wolkombers nie.

    Fight van binne en skuif die grense 2cm per dag.

  9. Deesdae sê ek wat ek wil en ek voel ‘n veer as almal nie met my saamstem nie. Maar ek gun ook ander hul opinie. Dit ssl my dalk vir ‘n oomblik omkrap, maar my rasionele brein kry gewoonlik baie gou weer die oorhand. Ek is op skool al geweier om aan enige kliekie te behoort. Omdat my punte bo gemiddeld goed was, het ‘n onderwyser my een keer gevra hoekom meng ek met die rebelse faksie kinders. My antwoord: “Dalk omdat hulle nie dink die son sak as hulle gaan sit nie.” Ek is ook vertel dat hierdie streep van my my die hoofmeisie posisie gekos het. Soms is ek jammer ek het nie konformeer nie, maar ten minste is my siel vandag nog my eie. En ja, dis moeilik as mens jou kinders moet beskerm. Jy is tussen die duiwel en die diep blou see. Damned if you don’t and damned if you do.

    • Ek hoor jou. Some things can’t be unsaid, so dit is wat my gewoonlik laat stilbly. Ek het ook nog nooit gekonformeer nie, maar het nog altyd die vermoë gehad om goed by die meeste groepe in te skakel. Die fundamentaliste wieps my eenvoudig af, so hulle vermy ek nog altyd.

      Ek kom nou net op ‘n stadium waar ek besef dat ek soms net nie meer KAN of MAG stilbly oor sekere goed nie. Maar teen watter prys? Ek gaan mense waarvoor ek omgee, seermaak.

      • Ek HET al mense waarvoor ek omgee seergemaak. Maar uiteindelik moes hulle aanvaar wie ek is en vir my omgee ongeag. Anders is dit doodeenvoudig nie die moeite werd nie. Ek aanvaar ander vir wie hulle is en hoe hulle dink. En as ek nie kan nie, dan is dit my probleem, nie hulle s’n nie. Ek het my kinders ook in groot mate so grootgemaak en alhoewel ek in die Calvinisme grootgeword het, het ek nie een van my kinders OOIT kerk of sondagskool toe gedwing nie. Vandag glo hulle elkeen op hul eie manier en ek is nie bekommerd oor hulle nie. Vrae wat hulle gevra het, het ek na die beste van my vermoë of onvermoë geantwoord. Maar daar sit my dogter ook vandag op ‘n klein dorpie en werk is skaars en toe sy tydelik by ‘n plek op die dorp gaan werk het, moes sy heeldag gospel musiek luister en Maandagoggende ‘n halfuur vroeër kom werk om saam godsdiens te hou. Toe ek vir haar sê sy moet weier, was haar antwoord: “Ma, dis ‘n klein dorpie. As ek dit nie doen nie, gaan hulle my merk. Hulle sal sommer sê ek is evil.” So, ek verstaan beter as wat jy dink, maar ek stem steeds nie saam nie. As dit EK was in daardie dorpie, kon hulle my maar gemerk het – ek is rebels genoeg om nog aspris ook dan te wees. Maar jy het kinders en mens wil nie jou kinders uitgeworpenes maak nie, so basically is jy gef&k🙂

        • yes, ekke ook. was ook van skooldae af nie ‘n sekere groepie nie. het juis nou die dag vir my stiefkinders daarvan vertel. ek was vriende met die “wilde” groepie en met die “koek” groepie. ek was nog altyd ‘n non-conformist, en ja – populer is ‘n mens definitief nie. ek het al vir myself baie seer op die hals gehaal, en bygese – ook baie keer stilgebly tot my groot ontsteltenis, maar op die ou einde is ek bly dat ek true to myself staan, no matter what.

          maar maklik is dit nie. my ouers is so gekasty toe ons in die laerskool was toe ons van ‘n konserwatiewe kerk na ‘n happy clappy kerk toe gegaan het – die stories sal jou nekhare laat rys wat my ouers alles moes deurgaan. ek het seker maar my rebelse streep van my pa af gekry – hy was toe hy baie jonk was in bybelskool gewees. daar het hulle vir hom gese dat hy nie ‘n denim mag aantrek nie, want dis sonde. en toe met die volgende klas het hy aspris sy denim aangetrek. so ja, like father, like daughter. ek is by twee instansies gevra om te loop, aangesien ek nie ‘n skaap is nie, en nie wou conform nie. was ook nie toegelaat om vrae te vra en te challenge nie – so toe beweeg ek maar aan. dis nou op die ‘godsdienstige’ sy – moenie eers praat van die gay-ding en die rassisme-ding nie – o wee … sug … ek is al so baie dinge toegesnou … rol oe.

  10. mmm ja, let the conversation continue …

    iets wat my gat ook nog altyd lam maak. ek was in my twintigs baie onpopuler omdat ek omtrent altyd my mond oopgemaak het langs daai einste braaivleisvure. maar later het ek effe bedaar, want ek hoor wat jy se – daai brandmerk-storie is mos nie altyd die lekkerste ding nie.

    ek approach nou stadig maar seker die big 40 later hierdie jaar – en ek vind dat ek my mond weer stadigaan begin oopmaak – ek doen dit dalk anders as in my twintigs, want ‘n mens word mos groot (he he), maar ja – dit sal maar altyd ‘n tameletjie bly.

    • Toemaar, Julia, teen 50 gebeur daar weer iets. Maar noudat 60 naderkom, is dit die beste fase. Dan tree die jammerte in. Vir die eerste keer in my lewe kan ek myself ‘patiently detach’ van die vuurgesprek, en dink wat ek wil, en tog baie jammer voel vir die skaapmentaliteit van stap net agterna, sonder om te dink, kyk of wonder.

      • Ek dink die ontleding van die mens wat dink almal dink soos hy, gaan ‘n dissertasie van sy eie nodig hê, en dis een waarvoor ek beslis nie gekwalifiseer is nie.

        • mmm ja, moeilike een ne … vandat ek kan onthou grief dit my murphy. maak nie saak of ek dalk min of meer dink soos “hulle” om ‘n braaivleisvuur nie. ek het nog altyd gechallenge en gese – hokaai, hier is dalk iemand wat nie so dink en voel nie, assumption is ‘n gevaarlike ding.

    • eish, ek’s in my 50’s en het “gelukkig” (weens ADHD) nog nooit stil gebly nie, maar jy’s reg. Dit kos ‘n prys waarmee ek al vrede gemaak het. Hulle s^e ook mos, ons is nou “af van die liniaal af”.

      • he he ja – ‘n prys kos dit wel ja. ek is ‘n sensitiewe mens, so die backlash is nie altyd top lekker vir my nie, maar nouja – ek moet maar vat wat ek uitdeel ne? 😉

Wat sê jy?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s