Hy suig lug soos ‘n tagtigjarige wat sop drink.

Om jou eie kop en koers te bly volg, is moeilik.

Neem ons swembadpomp byvoorbeeld. Die ding hou aan lug insuig, soos ‘n tagtigjarige omie wat sop drink. Dan kom dit ook met rukke en stote anderkant uit, en die water lek by die filter uit. Net soos by die omie.

Nou wil ek ‘n brief skryf aan die eiendomsagent, en ek wil baklei. My man wil self die ding regmaak, omdat hy nog altyd een of ander vreemde behoefte gehad het om homself te bewys aan die swembadpomp-engele wat dag en nag om hom vergader.

Ek weet hy gaan, hier kort voor Kersfees, die ding reg hê, terwyl ek en die tweeling heel Desember deur die sproeier hardloop om af te koel. En dis olraait.

Maar dis nou dié bewys-ding wat my bietjie onder kry en my binnewêreld kom omdolwe. Hoekom ervaar sommige mense die allesverterdende behoefte om, ten koste van alles en almal om hulle, hulself te bewys? (En hier wil ek nou sommer my man verskoon, want as my linkeroog begin spring, sal hy briefskryf en bel as dit dan moet. So hy val definitief nie in die ekstreme kategorie nie).

Dis nou die mense wat kombuise sal laat oorstroom net om nie die loodgieter te bel nie. Wat met jou sal stry tot die dood toe dat Georgia nie ook ‘n land is nie, maar net ‘n staat in Amerika.

Mense wat net eenvoudig aandring suiker maak nie vet nie, en sonbeddens gee nie kanker nie. They want to be right, and they want to be the best.

Dis nou daai mense wat my baie bang maak. Hulle trap op mense om hulle.

Ek sal eerder die brief skryf, en terugstaan. Op my eie aangaan, as wat ek mense om my te na kom en eendag oud en verrimpeld alleen op die ouetehuis se stoep sit en sop drink.

 

 

 

.

8 thoughts on “Hy suig lug soos ‘n tagtigjarige wat sop drink.

  1. Murphy verstaan tog, daar is goed wat ons mans net MOET doen, is nie om iets te bewys nie, is suiwer `n vete tussen ons en die druppende kraan, die klaende wasmasjien of hygende grassnyer. Niks persoonliks nie en allermins om ons vrouens te beïndruk (wat in elk geval nie maklik gebeur nie😀
    Ek moet gaan, die TV het so pas die gees gegee en ek moet die ding voor “Dr Phil” weer aan die gang kry anders blaas Ma `n gasket.
    Groetnis en geniet die sproeiers, dis pret!!

  2. Pingback: Avontuur in die woestyn (3) | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  3. Daar is 3 tipes mense in die lewe – 1) Die wat altyd moet wen, 2) Die wat altyd moet reg wees, en 3) wat wil regkry dat ander mense van hulle moet hou.

    En partykeer, dan weet mens wie Murphy NIE is nie..

Wat sê jy?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s