Het die kaas ‘n tjoklit gebaar? (Of is ek nou ‘n Afrikaner of nie, beter gestel)

Om jou eie stem te vind in die middel van ‘n duisend stemme om jou, is seker die moeilikste ding in die wêreld. Ek onthou hoe ek, as jong meisie in my 20’s, só gewroeg het oor wie en wat ek is, dat net bier soms gehelp het.

Of dalk ‘n dubbelbrannewyn, doer by McCoys in die stad.

Vandag was weer een van daai dae, ten midde van een van daai weke, te midde van..waar ek duisende stemme en duisende opinies moet verwerk tot die enkele, helder kollig van my eie opinie.

Waar ek die filtertjie neffens my linkeroor moet aanskakel om ander mense se stront uit te haal.

(Dis mos daai filter wat in die nag besluit hy werk nie, en wat maak dat jy drie keer yskas toe loop om te kyk of iets nie intussen dalk daar aangeteel het nie. Of die blok kaas nie dalk intussen ‘n tjoklit-telg gebaar het nie. Disappointed every single bloody time, I have to say.)

Dis mos nou in daardie tyd van die nag dat jy jouself weer afvra, nes in jou 20’s: wie en wat is ek?

Is ek ‘n Afrikaner, want my oorlede oupa was defintief een. Sy NP-lidmaatskapkaart onder in die kas sê sekerlik so. Pas ek nog in daardie netjiese blokkie? Voldoen ek aan die hogere vereistes? Wil ek ooit daaraan voldoen?

Gemeet aan die kriteria van die selfaangestelde Afrikaner-hoofmanne, is ek seer sekerlik nie meer een nie. Lankal nie meer nie. Defintief al sedert ek my katkisasiehandboek met genoegdoening in die asblik geneuk het, nie. Dankie tog.

Gemeet aan my lus om dwars te wees, en om al wat ‘n ivoortoringbewoner onder sy patriargale jis te skop, om my eie kop te volg en in elk geval vir daardie einste hoofmanne te sê: “Jy verteenwoordig my nie, en jy het niks oor my lot te sê nie”, dan is ek beslis een.

En miskien is dit daardie tweeledigheid in elkeen van “ons” wat maak dat “ons” so blerrie swaarkry in hierdie hoekie van Afrika.

Ek gaan gou die yskas tjek.

23 thoughts on “Het die kaas ‘n tjoklit gebaar? (Of is ek nou ‘n Afrikaner of nie, beter gestel)

  1. Blerrie goeie skrywe, murphy. G’n niemand gaan my ook in ‘n boksie druk nie. Hulle sal in elk geval heeltemal verkeerd wees. Ek lyk nie soos dit wat ek like nie. Ek like nie dit wat hulle dink by my sal pas nie.

  2. Great stuk en great kommentaar!
    Ek stem saam met al die verskillende opinies (mag ek?). Identiteit is in elk geval so relatief. Of dit met labels geplak moet word of nie, weet ek nie. Ek dink nie dit help altyd nie. Ek is in elk geval te liberaal in sekere opsigte en konserwatief in ‘n paar ander om gemaklik in een beeskraal of in ‘n ander gemaklik te voel.

    Ek besluit eerder dat ek inpas by die sonlig wat op my gesig skyn, die voëltjies wat my vanoggend 5 uur wakker gesing het, die mense waarmee ek saam kan lag, diegene wat ook onseker is oor hulle sekerhede (Sit Down – James) en sommer almal wat kaalvoet op die strand wil loop!

    • Dis juis ”onse mense” se voorliefde vir labeltjies wat my so de hel in maak vir hulle. Joei, veral hier in die crown town. Atheists and Satanists being all one and the same you know.

      • Die oningeligte (wat ons crownies wil nie ingelig wees nie!) standpunte het geen einde nie! Why not label all of them (whoever they might be) with the same thing: “Different”. Dit is anders, so dit is nie onse mense nie! *Sug*

  3. Ek het nie ‘n “label” nie. Ek is net ek. Soms so en ander kere andersom, soos ek lus voel. Of soos my meisiekind gesê het toe sy klein was “hoekom ek lus voel” Jy hoef niemand te wees behalwe jouself nie. Ek is te groot vir boksies en te klein vir groot dose😉

  4. Goed so, Murphy! Stem saam.
    En ek’t ‘n boek hier: How To Start Your Own Country. As ek daarmee klaar is, kan jy hom leen🙂

  5. Hallo Murphy, hoe gaan dit met die tweeling? My oudste skryf vanoggend haar eerste vraestel vir die matriekeksamen. Dit is “scary stuff”.

  6. My dag het baie soos joune verloop – met afnemende aandag geluister na goeie debatte wat gaandeweg vervaag het in “eenopmanskap” gebrabbels.

    Na aanleiding van my dominee se goeie preek die afgelope Sondag moes en myself dwing om te erken dat tussen al die “ontevrede” wees, “onvergenoegliklik” wees”, die “onrustig” wees, die “ontstig” wees en al die ander beskaafde “on”-voorvoegsels, is ek inderwaarheid platweg de bliksem is. En ek is de bliksem in vir mense wat doodeenvoudig niks wil of kan doen nie terwyl ander weer wil besluit wat èk moet doen en hoe ek dit moet doen.

    Daarom bestempel ek myself as ‘n Soewereine Indiwidu wat geen groep iets verskuldig is nie.

    Punt

Wat sê jy?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s