Wat gaan daar buitekant die visbak aan?

Dis vreemd om vyfuur in die oggend in ‘n vreemde gastehuis wakker te word. Veral as die vorige inwoner van die kamer die ‘’nie-rook-nie’’-teken geïgnoreer het en baie duidelik sewe stokende straatvroue daar onthaal het.

(Do you smoke after sex? I haven’t noticed. Ou grap)

Niks so goed om die lus vir die dag aan te wakker as ‘n neuskanaal wat soos ‘n aangepakte dadelkis voel nie.

I digress.

Gister het ‘n vriendin buite haar gemaksone gegaan en foto’s van haar laat neem.  Wat dit presies behels het, moet ek nog mooi uitvind, maar dat die nie standaard poskaart-vir-die-familie soort kamera-aksie was nie, weet ek.

En voor almal nou op hul knieë neerval en gil: “You evil porn-fiend, I’ll pray for you!”, verstaan tog duidelik dat die idee vir vroue om hul mees, ahem, intieme plekkies koploos te laat afneem, baie, maar BAIE, minder skrikwekkend is as die idee om jou plooie en rekmerke MET jou gesig te laat afneem. DAAI is nou porn vir oumense.

Ek vermoed die laaste van bogenoemde was die idee wat die fotograaf gehad het, vir ‘n spesiale projek.

Ouer vroue in hul natuurlike staat. Sonder photoshop, sonder blurry filters, sonder die son wat per ongeluk direk in die kameralens skyn, soos wat toevallig gereeld in foto’s van my gebeur.

Geplooide, begrysde, gelewervlekte naturals.

Dis nou direk in teenstelling met ons eie SA vrouetydskrifte wat veteraanaktrises op hul voorblaae soos wulpse tieners laat lyk.  En dan hewiglik ontken dat ‘n programmetjie náby die plooie was. Selfs grimering en beligting het sy perke, en die publiek is nie só dom nie.

Of is hulle?

Die komende twee weke leef ek en ‘n paar kollegas ons dae om in ‘n kleinerige vertrek, aan die begin relatiewe vreemdelinge vir mekaar. Ons leer oor tegnologie en die media. Vir sommiges is dit ‘n groot pyniging. Vir my voel dit soos speel en as ek kon kies sou ek die deel van my werk vir altyd wou doen. (behalwe natuurlik die huiswerk elke dag).

Dis nodig om soms jou horisonne te verbreed.

Uit jou visbak te spring. Net om te sien die wêreld bestaan nie net uit jou liter water nie, en dat die vreemde kreatuur wat van buite af vir jou inloer, nie bonatuurlik is nie. En tien teen een op sy facebook-foto gephotoshop is.

13 thoughts on “Wat gaan daar buitekant die visbak aan?

  1. Ja, vir die “jong” voorbeeld in jou storie sien ek glad nie kans nie. Maar ek kom al hoe nader aan daardie ander voorbeeld…. die grys is nog okay, maar die RES!!!!😯

  2. Waar gaan jy tuis hier in Bloem ? Laat weet my as jy ‘n tydjie vir ‘n koffie het tussen 8vm en 4nm bedags. Ek weet dit is werktyd, maar net as jy ‘n los tydjie het. My kontaknommer is 0829005773. Ek is nie op BB nie, maar kan darem SMS’e ontvang. Groete, Hannes Lombaard

Wat sê jy?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s