Is bedel ‘n werk?

Hier by ons klein Pick ‘n Pay (die ‘familie’-weergawe, waar die bordjie bo die persoonlike higiëne-gangetjie lees tanda pasta en skoon maak middels), staan ‘n man met ‘n bordjie by die parkering se ingang.

Hy staan met ‘n bordjie wat lees: “Geen werk, geen kos. Help asb.”

Elke dag, al vir meer as ses maande. Met die een oog toegeplak met watte en sellotape, staan hy daar, in wind en weer. Benewens die feit dat hy beter kan spel as PnP en ek hom daarvoor bewonder, wonder ek: Is dit sy werk?

Is dit nou die man se werk om elke dag daar te staan en bedel? Staan hy elke oggend op, trek aan, plak sy vars watte op sy oog en stap werk toe? Maak hy ‘n nuwe bord as die ou een verweer raak of natgereën het en die koukie het gesmeer?

Is ek sy kliënt? Het hy gereelde kliënte?

Wat is die diens wat hy lewer? Die enigste diens waraan ek kan dink, is dat hy in die betervoel-bedryf is. Iemand gee vir hom geld en voel beter oor homself. Want, sonder nou om snaaks te wees, kan ek nie dink dat mense na ses maande nog steeds dieselfde mate van simpatie het teenoor hom as die eerste keer toe hy daar begin staan het nie.

Dalk brei hy nou uit van die simpatiebedryf na die betervoelbedryf. En later volg die skuldgevoelmark.

My geduld met hom raak op. Maar dis nou net ek persoonlik. Ek begin die behoefte voel om vir hom te sê sy pere by Marlene Jordaan begin uitgebak raak. Ek voel nie meer die feit dat hy my elke keer groet wat ek daar in ry, met sy bord en sy watte-oog, is meer genoeg om vir hom R10 af te staan nie.

Ek hoor nou die dag iemand het hom werk aangebied, en toe sê hy nee dankie, hy verdien genoeg by die PnP. Dis dalk ‘n gerug, maar nietemin maak dit my die moer in. Want as dit waar is, wil ek eintlik vir hom sê, nee meneer.

Jy verdien nie die geld nie. Jy bedel dit.

En bedel is nie werk nie.*

*En dan wil ek ook by sê, dat ‘n mens nooit weet wat die omstandighede is wat enigiemand tot enige aksie dryf nie. Ek was nog altyd gelukkig genoeg om nie nodig te gehad het om op ‘n straahoek te  bedel nie, en daarvoor sê ek baie dankie.

41 thoughts on “Is bedel ‘n werk?

  1. Ek wil en ek gaan vloek: Fok! Bly ons in dieselfde dorp? Want die vet weet, moenie P & P vir my noem nie, dan sien ek klaar rooi. Daai swerm karwagte in hul oranje toppies – ek sweer daar is meer wagte as karre – maak my so bedonnerd en ek gaan shop net vir die broodnodigste daar. Moenie dink jy soek ‘n plek ver van hulle en glip gou by die winkel in nie. Neeeee…van vyftig meter af skree hulle vir jou. “Middag…kan ek ogie hou?” Fok daai ogie in jou agterwereld in, meneer. NIEMAND gaan en wil my ou, vuil Toyata steel nie, trust me on that one, maar ek sal eerder my kar gesteel wil he as om ‘n paar munte in jou palm te druk.

    /haal diep asem…

    Ek het met ‘n rein, edel gemoed hier aangeland twee jaar gelede. Ek het ruimskoots gegee, Ek het al ‘my’ bedelaars op my roete geken en ek het wraggies gesorg dat hulle ten minste ‘n tiende van my tiende kry. Maar my geduld is nou OP. Ek weet ook nie regtig hoekom my geduld op is nie. Dalk omdat dit net nooit einde kry nie. Dalk omdat (die karwagte) maak asof hulle inderdaad ‘n diens verrig, terwyl ek van beter weet. Ek kan SELF ‘n parkeerplek soek, ek kan SELF weer daar uitreverse, ek kan SELF my twee pakkies kar toe dra EN self in die kar laai.

    Daar is nog net twee bedelaars vir wie ek gee, en nogal groot gee. ‘n Ou man by die poskantoor, en ‘n mal ou man op Spitskop waar jy na die N1 afdraai. Die res wil ek net omry,

    Skuus. Rant over, maar dit bug my nou al vir ‘n hengse lang tyd! 😆

    • turksvy – ekskuus, ek moet seker nie lag nie, maar ek het nou. ek haal my hoef vir jou af dat jy so eerlik daaroor is. ek het al so gerave, maar dan kom mense mos met daai vroom goedjies wat hulle se en dan laat hulle jou crap voel. nee man – ons moet ophou om altyd crap te voel. vrekkit ja.

      en ek weet ook nie hoekom ons voel ons moet verduidelik dat ons wel baie gee nie ens – ek dink tog die standaard nice mens het ‘n hart vir sy medemens. ons weet mos wat in ons harte is.

      ek gee nie om as ons bv in die aand laat, vir lank, op ‘n stil plek parkeer het nie, maar die vet weet – elke keer as jy jou rug draai, dan is hulle daar – i know. partykeer hol ‘n mens by 8 of 10 plekke per dag in, en as jy jou draai, is hulle net iewers. ek dink wat my freakin uitfreak is dat hulle op jou is wanneer jy die kardeur oopmaak en dan begin met – hallo, hallo, everything is okay, everything is okay. en dan wanneer jy terugkom – moet jy weer hoor, everything is okay, everything is okay, thank you very much my lady, thank you very much my lady. thank you for what? for the money i HAVE to give you. die beste is as hulle soos vlugkontroleurs vir ‘n mens wys hoe om te bestuur. die beste is – ek reverse park gewoonlik so ek moet net reguit vorentoe ry, dan staan hulle reg voor die kar en wys soos mal goed dat ek moet vorentoe ry.

      ag flippit, daar maak jy nou sommer iets in my wakker ook – ek het al gevloek, gebid, probeer, alles hieroor – maar donder, dit irriteer my. dan kry daai evil eye as jy nie iets gee nie of as jy te min vir hulle gee.

      en en en – nog een ding – as hulle jou so agtervolg wanneer jy na jou kar toe loop. dan klim ek partykeer in en wil oproepe maak of so, dan staan hulle daar en staar jou aan en wag en al is hulle buite die kar, voel ek nog steeds dis in my persoonlike ruimte.

      ek is jammer, maar meeste van dit is manipulasie .. dit ruk net vir my handuit. ek WEET ‘n mens moenie jou power weggee nie, maar ek is geneig om eerder na winkelsentrums toe te gaan en parkering te betaal, dan hoef ek nie heeltyd harass te word nie!!

      • Lag ek nou vir JOU! 😆 Jy beskryf daai ‘agtervolging’ baie goed!

        Wel, wat kan ek se behalwe dat mens moet dankbaar wees vir klein genadetjies? Die karwagte by Fruit & Veg weet ten minste teen die tyd hulle mors hulle tyd met my en los my in vrede. (AS mens nou die dolksteek-kyke kan ignoreer, maar my vel is al lekker dik.) 😉

        • ha-ha – as ek moet eerlik wees – ek dink ek raak so aggressief en bedonderd omdat ek altyd almal eintlik jammer kry en weet ek kan nie die hele freakin wereld help nie. dis daai sense of entitlement en manipulasie wat my onderkry. ek dink hulle gaan na die skool vir car guards to – how to irritate the &^$& out of people – ek dink net altyd hulle sal meer regkry as hulle dit net anders approach.

          maar dan ook – ek het al uitgevind by centre management van plekke – die winkelsentrums betaal hulle gewoonlik niks nie, so dis ook dalk hoekom hulle so te kere gaan. maar ek dink nie dis reg nie, ek voel dat die winkel-huurders en eienaars maar kan inklub en vir hulle iets gee – as hulle regtig oor hulle customers worry. dis wraggies nie lekker nie. ons het nou na ‘n nuwe gebied getrek en ons is bv groot koffie freaks. ons sukkel om ordentlike koffie takeaways te kry, maar toe ontdek ek ‘n kleinerige winkelsentrum waar ‘n woolies is met ‘n woolies cafe, waar jy ‘n takeaway kan gryp. nou wil ek sommer net nie meer na die bliksemse plek toe gaan nie, want die karwagte is ongelooflik annoying!!

          en as een iemand nou nog vir my se – relax net ‘n bietjie, dis nie so erg nie, gaan ek ook in hulle oog spoeg … he-he.

  2. Die man staan al meer as 2 jaar aan en af daar!!! Die storie van die werk is waar, hy wil nie. My tiete is laaaankal lam van al die gegroet, en ja ek het hom en sy tjommies al bitter jammer gekry, maar hy loop partykeer reguit drankwinkel toe en gaan koop sy drank en sigarette. Hy staan ook nou nie te vroeg op nie, net wanneer dit lekker warm begin raak. Soos my man sê: hy MOET opstaan en gaan werk, hy kan nie sy roes lê en afslaap in die oggend nie. Dit laat mens dink of jy nou daardie goedvoel gevoel kan behou terwyl jy jou swaarverdiende geld aan elke Jan Rap en sy maat, om elke hoek en draai moet uitdeel. Daar is goeie instansies in die dorp waar mens ‘n tienduisend rand of meer of minder per jaar of maand kan inbetaal om REGTIG kos en klere te voorsien aan die minderbevooregtes!

  3. Wel dat hy iets verdien is waar….ek het dieselfde man twee keer op sy kassie sien sit met sy selfoon en praat en hy rook so lekker. Ek kan en wil nie eers sigarette bekostig nie. Iewers sorg iemand vir hom….

      • yebo gogo – hieroor kan ek baie stories vertel. dit maak my ook die dinges in. maar hierdie is mos ‘n lekker forum vir debatte, sonder dat ons mekaar aanval – ek like dit. so kom ons speel devi’s advocate – nou aan die ander kant ook, elkeen wil ook seker maar sy plesiertjies in die lewe he i suppose.🙂

        maar ja – dan moet jy maar kyk of jy ‘n werkie kan doen en nie net handjie uitsteek nie. daai mense wat goed verkoop by die robotte, nou kyk – hulle kan ook baie irriterend wees, maar hulle probeer ten minste iets doen. ek dink dis maar meer die sense of entitlement en dat mense op ‘n mens se gevoel probeer speel en jou manipuleer wat ons die harnas indryf – dit gaan GLAD nie oor dat ons nie wil gee nie. ons weet mos elkeen wat in ons harte aangaan.

  4. baie interessant wat elkeen van julle se. okay, my gevoelens. dis maar ‘n moeilike een hierdie …

    vir my persoonlik:

    ek het in ‘n huis grootgeword waar ons geleer is om te gee. ek het ‘n gee hart en van kleins af kry ek almal jammer en huil oor almal. het darem bietjie grootgeword en ook deur terapie geleer om boundaries te stel.🙂 ‘n mens kan simply nie involved raak in almal se lewens nie. ek het op ‘n stadium en dit het my laat uitbrand – sigh.

    ek voel dat ons elkeen ‘n verskil in mense se lewens kan maak – al is dit net een persoon. ek is mr m hierbo se vrou en een van die redes hoekom ek aangetrokke tot hom gevoel het, is sy giving spirit – en dis great dat ons dit altwee saam kan uitleef. maar nou het mr m ook ‘n baie intense vrou you know. net soos wat ek iemand kan jammer kry dat my hart fisies seer voel, raak ek net so be&^% as ek voel mense manipuleer my. ek het ook altyd skuldig gevoel en voel nog steeds soms skuldig, maar as daar nou een ding is wat my die harnas inmaak as iemand my probeer manipuleer en ongelukkig doen baie van hierdie mense dit – en veral car guards ook. en as jy dan die audacity het om nie te gee en/of nee te se nie, dan kry ‘n mens ‘n attitude en/of a sarkastiese aanmerking. ons was so paar maande terug in jozi gewees en ek het dit totally buite my aard verloor met ‘n ou op die straat. hy was so sarkasties en ek het toe amper op hom geskreeu en gese – “you don’t know me from a bar of soap. we give and give and give and you also don’t know anything about our lives. your attitude stinks.”

    vir een of ander rede dink ek hierdie mense kan ruik wie sensitiewe souls is, want hulle kom ALTYD na my toe. toe ek in londen gebly het, kry jy mos hierdie freaky mense op die trein – dan is daar baie mense op die trein, maar nee – hulle kom direk na my toe!! 🙂

    ek persoonlik raak lam oor die “sense of entitlement” … en dat baie van hulle guilt trips op ‘n mens probeer trek. ek het vir baie jare daarvoor geval en ook gesien hoe mense misbruik maak van ‘n mens, maar ek het op ‘n punt gekom dat ek nie meer die kwaad in my hart dra nie – glad nie. ek dink dit is maar ultimately up to elkeen wat in sy hart voel of hy iets wil gee, doen of nie, en waar en wanneer, en met wie en met wie nie. ek wil net nie gepush word of gemanipuleer word nie, daar is ongelukkig baie skelm mense. en ongelukkig ook baie mense wat regtig “in need” is, ek weet dis erg, maar soos ek gese het – ons kan net elkeen doen wat ons kan – onmoontlik om almal te probeer rescue.

    o ja – net gou een ding nog. ek het gister by ‘n plek gestop en toe ek na my kar toe loop, toe loop die “self appointed car guard” agter my aan – en gee my nie persoonlike ruimte nie. dit maak my gek. hy was besig om kliphard ‘n Liewe Jesus liedjie te sing. toe ek wegry en net my kop knik, toe gaan hy aan, obviously omdat ek nie vir hom geld gegee het nie. nou – dit maak my tietspiere lam.

    • Jy sien Mrs M, dis mos nou wat ek dink, dalk hoekom ek kwaad is vir die ou met die watte-oog. Dalk omdat ek reken, as hy daar kan staan heeldag, kan hy dalk, perdalks, net vir iemand werk wat hom ‘n geleentheid wil gee, Dalk voel ek ook nou, dat daardie wuif en intense inloer in die motor as mens lsngs hom stilhou, ‘n subtiele vorm van manipulasie is, veral as jy dalk gelukkig genoeg is om ‘n 500g maalvleis nou net te gekoop het in die winkel! (En ja, ek trek ook al die malletjies op mmoltreine).

      • ha-ha – lag ek nou lekker vir jou.

        mmm, ek dink nie eers die manipulasie is meer subtiel nie, dis sommer in your face. ons het ‘n spannetjie in durbanville wat so saamwerk – een by elke robot – en hulle sit die sadste faces ever op. i know exactly how you feel, soos ek gese het – ek kry altyd almal flippen jammer, maar vrek – iewers moet ‘n mens die lyn trek. ek was ook by baie dinge betrokke waar mense nie wou werk nie en goed net for granted vat. ek persoonlik dink nie dis cool dat ‘n mens net altyd handouts gee nie, dit gaan nie die probleem oplos nie – en ook nie as mense net gee uit skuldgevoelens nie …

  5. Ek verskil van jou in die opsig dat ek hy verdien dit wel. Almal het al iewers vir ʼn bedelaar iets gegee, hulle speel op mense se gevoelens – en mense kry hom seker jammer of miskien voel hulle beter, meer Christelik of liefdadig as hulle vir die bedelaar iets gee. Die punt is niemand het hulle verplig om dit vir hom te gee nie. Jou verwysing na “kliente” laat my dink aan die ontvanger van inkomste wat na almal as “kliente” verwys, terwyl niemand ʼn keuse hierin gegun word nie. Almal word onder dwang verplig om die helfte van hul inkomste te oorhandig aan ʼn entiteit wat dit gaan wanaanwend en al wat ons kry is ʼn stem elke vyf jaar oor wie ons wil hê die wanaanwending moet bestuur. Ek twyfel of bedelaars baie selfrespek het, maar vanaf ʼn etiese oogpunt is wat hulle doen veel meer verdedigbaar as enige staatsburokraat.

  6. I saw something last week, while on my way to work, mid morning. Two old guys, probably late 60’s early 70’s – white, fighting with each other on the street. Road rage. The one guy jumped out of his car, and hit the other guy through the window. in broad daylight. And this made me shake my head. I went away and talked to some people about it. And what it all comes down to is that there is so much uncertainty around at the moment, and that everyone is feeling the pressure inside this cauldron at the moment, that the symptoms are becoming more and more visible. Society is being threatened by underlying forces – not just here in good old SA, but everywhere. The grass is not getting any greener, but is drying out. And through all this negative sentiment we have to stay positive, optimistic, looking for the bright side of things. But what to do when you reaching 70, with a pension that is dwindling, no savings left, no work, you are the wrong color (black and white say the same things), no healthcare?

    i think then that our resentment and anger comes from the fact that we were lied to by those before us.We were told that if you obeyed the rules, if you were a good citizen, paid your taxes, everything would be all sunshine and roses (my parents sacrificed so much to give me what they could. And they are still working today.) We then get ‘befok’ when reality kicks in. We doing jobs we no longer love, paying for cars we no longer enjoy driving, eating food we no longer have desire for. Some of us are moonlighting, searching for that elusive something else, but never really breaking through (i’m thinking of EL James and her 50 shades of grey books – would you not love to be her today?) and just rinsing and repeating every day, hoping that something comes along to relieve the pressure, even for just a little while. Then we go chemical, take more AD pills, smoke more ciggies, drink a little more, all to lull the brain into believing it will all be all right – someday, soon. And then this, this other human, stands at the street corner, with his little white board, and asks for help. And that makes me ‘befok’. My inability to help. When I am using all my energy just to keep it all together. For me. Just so I can be OK.

    So that guy – when next you see him, what do you do? Give him R5? or just walk past, smile, look him in the eye and say – Good Day, lekker dag, and walk on by….

  7. Ons het so Tannetjie gehad – op ‘n besige Hoek in Vdbjpark- sy storm jou motor by rooilig, met soveel angs op haar gesig! Gedink die vrou is regtig in nood. Na ‘n paar maande besef ek haar nood kan nie vir ewig so hoog bly nie. As ek gluur -vloek die tante my met woorde wat dwarsdeur motorvenster klink. Al wat ek kan byvoeg , ek kan haar aanbeveel by een of ander Toneelgeselskap- sy het werklik talent!

  8. Hy maak meer geld as ek! en ek dink ek werk baie harder! Hekel dag en nag, maar ek sit lekker voor die laptop terwyl ek dit doen! En terwyl ek dit se, dit wat ek maak het ek vir hom gegee! nee wat – EK RY NIE MEER DAAR VERBY NIE! vir my eie beswil!

  9. Lekker gelees aan jul albei se kommentaar – jip, bedel is ‘n werk en ‘n rol en ‘n keuse. Vir persone wie nie kan werk nie (blindes / lammes / outiste) is daar maatskaplike toelae en inrigtings, vir wie ons geld via belasting gee. Vir heelwat bedelaars wat van buurlande af kom, is dit ‘n werk in sunny SA – vir die chirug wat weens skizofrenie homeless opeinding, ‘n keuse – jy sien hom min bedel, hy sit op die park se bankie en bedink die lewe vanuit sy brein – vir hulle gee ek graag brood, of ‘n vrug, of ‘n ou jas – ons sien hulle net min,want parke is deesdae gevaarlik en die persentasie sulke ‘regte boemelaars’ is min per bevolking – dus: verskil tussen ‘n bedelaar en ‘n boemelaar… Ek sit en merk gemeenskapsielkunde – die helfte van die studente wil vir die ‘baie bedelaars in ons stede’ shelters bou en werk gee – ek voel dis soos die bobbejane van Pringle baai – hulle gaan soontoe want daar is kos… Oplossing, voel beter deur geld aan instansies te gee wat aan minderbevoorregtes gee… ignoreer die ou by die robot, hy veroorsaak ongelukke en onnodige skuldgevoelens – as mens geld gee omdat jy skuldig voel, gaan doen selfondersoek, as jy geld gee omdat jy bevoorreg voel (soos dit eerder hoort), gee die geld aan FAMSA / Cansa / DBV ens…
    Nou merk ek weer met nuwe moed : basta aan die studente met hul planne om in Sandton nogsals, shelters te bou… waar en met watter geld en langs wie se huis gaan hulle dit doen? en vir elke bedelaar wat die straathoek verlaat,vul die volgende een dit. Ek sou wou dat prostitusie gewettig word, dat straatkinders gehelp word, maar bedelaars – dis ‘n werk, en vir sommige ‘n ‘mur lekker werk’…

    • Gardiol, jy sal verstaan as ek sê, ons dorp is klein genoeg dat ons ons bedelaars ken. En by hulle is daar min verskil tussen bedelaars en boemelaars. En hier is dit boonop nie ‘n gerug van die ou wat al hoeveel werke aangebied is, wat hy nie wou hê nie.

    • Slim! Dit sal lekker wees as dit so iets is, want urban legends rondom bedelaars (veral hier in Gauteng) is ongelooflik aan die toeneem🙂

      • Ek het so tyd terug hier in London ‘n bedelaar gesien met iPhone en hy het nog steeds die vermetelheid gehad om vir die mense the vra vir enige spaar kleingeld.

    • Ja! Hoe sal ons weet😆 ? WIL dalk net finansiële feite deurgee!
      Als is al gesê, dit laat my tog dink aan die tante in Nelspruit: Sy het haar man, wat weggeloop het en as bedelaar geleef het , ek dink +_ 17 jaar(die ‘regte’ soort, en ja a.g.v, lewensdruk, )gevind deur Radio Laeveld….terug gevat om te versorg, al was hy onherkenbaar die man wat sy getrou het!! Hy is onlangs oorlede a.g.v siekte.
      Toe sy die storie vertel in die kerk, en vrae toegelaat is, oor die hoekoms ens. het sy eenvoudig gesê: Hoe kon sy nié vir hom sorg nié?

  10. Good question. Sadly, I don’t have a simple answer for you.

    But seeing as I have tremendously tight deadlines that have to be finished by Friday, and that today is Wednesday, and Thursday lies unused before me (pressure? I work better under pressure – last minute.com), lets look at this thing from another few angles (angels??) quickly.

    If he was not making (earning) money, he would not be there. So if 300 people each give R5, he makes R1500 a day. On a bad day, he gets half that. R750. divide by 10 hours (long day, no lunch break), then he ”earns” between R75 and R150 an hour, or more than most office workers earn.

    Next angle. He has given up on all possibility of ever being re integrated into society again. What is the price to pay for losing hope? Priceless? Hmm mm. Tough one. But someone has failed him. Society? The GOVT? His family? Or has he simply chucked up? Hmm mm, too many more questions!

    Another angle. We give. R5. We feel. Better. For a minute he feels better. Price to feel better? Cheaper than a Ster Kinekor movie ticket (R45!!). Hmm mm. Feels like another form of extortion.

    What I do know is that the corridor between me and that guy is very very narrow. Each day I wrack my brain on how to make a few rand, how I am planning to take care of my kids, my wife, my rent, the car, the phone, the Internet bills, or living. I don’t live above my means. I buy the best price beef mince at my P’nP.
    But I have that one thing extra. My pride. It will not allow me to lie down. I will not give up. And in my 42 years on this earth, the last 25 of which I had to work at whatever I needed to make a buck, I never ever asked for a handout. Not once. And the street beckoned. And I resisted. And I got back on my feet not once, not twice, not three times, but more times than I can count. I got beat, I got back up. I was that boxer, the one who refused to just lie down, but stood up, punch drunk, and took another one. Until I got one punch in again, won one more round, and one more fight- then choose my fights better.

    Anyway, sorry, this was not supposed to be about me, but then again,the beggar on the street is always about me. You, the person who ”gives”. Me and You and We give because we fear seeing ourselves on that street corner. We fear the future. We hate to admit it, but if we were there,we would like to think that someone would put R5 into our hands, so we can eat. So I guess that Beggar Man Joe and Bag Lady Jane are earning their money. Like Angelina and Brad – it’s a role. They play it. We pay for it.

    Sigh. More questions. My apologies Marlene, for using your forum to vent my feelings. In the end, we will not know what it is like to be there. So lets put the question in our pipe and smoke it. Love. M

    • I totally agree with you on the fact that the line between him and me is very, very thin. I do agree. And in some aspects I am also very much aware of the fact that in some aspects I am he. Most people working in big corporations are like him, with worker bees begging for time, better pay, personal space and a little freedom. The big bosses giving the handouts. Mining is a good example, eh?

      And maybe that is the place my resentment/anger comes from?

Wat sê jy?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s