Oor onsigbaar wees en ‘n jaggeweer

Waar sou ek gaan as ek onsigbaar kon wees? vra Maankind hier.

Wel, dis nou ‘n dom vraag. Obviously die queen se troonkamer. Wie sou nou nie wou weet  hoe haar gesig lyk as sy met die royal besigheid doenig is nie?

Maar op ‘n ernstige nood, ag ek bedoel noot.

Ek weet darem nie of ek sou wou gaan waar ek kan hoor wat mense te sê het oor my as hulle dink ek is nie by nie. Ek dink nie ek sou dit oorleef nie.

Hoeka kry ek vandag ‘n epos van een van die koerant se hoofredaksielede wat ‘n geirriteerde leser via hom na my gestuur het oor ek in ‘n berig na ‘n .22-langloopgeweer as ‘n jaggeweer verwys het.

Sy intelligente kommentaar: AAN ME. MARLENE JORDAAN: SERIOUSLY???!!! ‘N .22 JAGGEWEER???!!!

Dis die end all en be it all van sy brief aan die hoofredaksielid. Ek wip my natuurlik toe in ‘n ander bloedgroep in en vra ‘n kollega om ‘n wapenkenner en -versamelaar te bel. Dié sê daar is geen fout nie, aangesien dit ‘n langloopgeweer is met ‘n teleskoop. Buitendien het ons as kinders gereeld hase en tarentale op die plaas gejag met dié soort geweer.

So ek wen, skryf ek toe terug aan die hoofredakslielid. Wê pê.

Toe ek later uit my infantiele wipgatgeit bykom, besef ek ek het oorgereageer. Oor strooi. So what as ek verkeerd was. So what as ek dalk ‘n fout gemaak het. Dis menslik.

Lekker preek ek net vroeër die week vir iemand dat die beste ding wat ‘n mens in die lewe kan doen is om sagter op jouself te wees. Jouself te vergewe – en dit te bedoel – vir alles wat jy in die lewe gedoen het wat shitty nagevolge gehad het. Veral, veral met die Groot Goed.

So. As ek onsigbaar kon wees, het ek teruggegaan na my kindertyd. En ek sou langs myself gestap het, elke tree tot nou toe. Ek sou my eie hand gevat het en elke dan en wan in my eie oor gefluister het: “Dis oukei, moenie te hard op jouself wees nie, Jy MAG maar foute maak.”

Ek tag nou vir Son

28 thoughts on “Oor onsigbaar wees en ‘n jaggeweer

  1. Pingback: My onsigbare reis « Kouevuur

  2. Weer so bietjie gedink oor die onsigbaar storie en sal vreeslik graag in die parlement wil rond sweef en elkeen wat so slaap vet “opvoedkundige kopklap” gee en in hulle ore fluister. Ek noem myself “the voice of reasoning”!

  3. Wanneer ek ‘n fout maak is ek baie hard op myself, ek dink dit is so veral omdat ek skaam voel wanneer ek verkeerd is oor iets en ek hou nie daarvan om uitgelag te word nie.

  4. Hallo liewe mede-taalgogga! Ek stem met jou saam oor die JAGgeweer. Ek het toevalling twee weke gelede my lisensieaansoek vir so ‘n geweertjie ingehandig. Ek het o.a. ingevul dat ek die geweer vir die jag van tarentale en duiwe wil gebruik. Daardie ou wat sê “seriously” moet weer dink – ek het al gesien dat ‘n .22 gebruik word om ‘n slagbees dood te skiet! Dit werk natuurlik net op ‘n baie kort afstand.

    Ek is net nie so seker oor die “.22 LANGLOOPgeweer” nie. Op die vorm moes ek die kaliber invul, dit is “.22 long”, soms word daar selfs geskryf “.22 long rifle”, maar dit verwys na die patroon, en die “rifle” sê dan dan die patroon vir ‘n geweer bedoel is, nie vir ‘n rewolwer nie. Google bietjie “.22 long” en “.22 short” vir “images” en jy sal die verskil sien. By die “short” is die loodkoëltjie korter en die doppie ook, dus ook met ‘n kleiner lading.

    Groete, Chris

  5. Jou woorde vloei op hierdie Saterdagoggend na my Marlene! So ‘n brokkie wysheid is so geweef met woorde wat resoneer, maar ek dink ook die “wysheid” daarvan is die eerlikheid en gebrek aan onnodige beskrywinge! Ons kan almal meer tyd onsigbaar langs aan ons kinderjare loop.
    Sien uit na die volgende een!

  6. Nou sien jy! EIntlik was dit toe nou ‘n slim vraag, kyk hoe het dit jou laat nadink… Maar jy moet ook nou iemand tag. Met link and all. Toortsie sê dis blogetiket…

Wat sê jy?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s