Om te f..n d@nn$r of nie. Dit is nou ‘n ble.. verdomde vraag daai. Ouma, bring die peper!

So beledig ek toe mos nou die dag ‘n bekende skrywer, heel sonder dat ek dit besef en nie voor dit te laat was nie.

Die smaak van jou eie ou vrot voet in jou mond is nie lekker nie. Geukkig het ek verlede maand vir my atleetvoetsalf aangeskaf.

Ag, dit was darem nie so erg nie.

Ek het betrokke geraak in ‘n debat op ‘n gespreksforum oor boeke, waaraan talle skrywers én lesers behoort. Ek hou nogals hiervan, omdat dit skrywers die kans geen om direk betrokke te raak by hul lesers, te hoor waarvan hulle regtig  hou en nie hou nie.

Ivoortorings kan nogals eensaam raak, in my oorwoë mening, maar wat weet ek nou?

Die debat het begin toe ‘n leser haar opinie oor ‘n vloekery in ‘n sekere boek uitgespreek het. Dat sy dit persoonlik as te erg ervaar het, hoewel sy steeds gedink het die boek is nie swak nie.

Toe spring ‘n kamstige bevryde Afrikanerman op sy perd en maak ‘n sarkastiese aanmerking oor ” verkrampte Ant Sanne”, die broederbond en die sensuurraad, nie noodwendig in daardie volgorde nie.

Nou, as daar iets is wat ek meer haat as verkrampte ou tannies op kerkbasaars, is dit ongeskikte mans wat nie ordentlik met ‘n vrou kan praat nie, al verskil hy van haar. Al wat hy na my tirade kon uitkry, was ‘n (ek neem aan) sarkastiese  “Jinne.”

Hy’t my netjies op my plek gesit met daai een.

Ongelukkig , in my poging om hom op die dwaling van sy etiket-weë attent te maak (met die nodige woordstootjie in die regte rigting), gebruik ek toe ‘n ander boek se oormatige gebruik van die p-woord (‘n woordjie wat ek self, moet ek bieg, soms al gebruik het in sekere noodgevalle), en hoe dit my ook afgesit het van ‘n heerlike leeservaring.

En ek is, regtig, allesbehalwe verkramp. Al bly ek in die platteland en het ek 2,4 kinders en ‘n man.

Min weet ek die skrywer lees in op die gesprek. Gelukkig het sy saam met my gestem, en gesê in hindsight het sy te veel gevloek in die boek, en het sy nogals gereken die uitgewer gaan van die woorde uithaal. Trust nou ‘n uitgewer (behalwe myne, sy’s oulik).

Sy het ook die moeite gedoen om vir my die vloekery in konteks te sit van waar sy in haar lewe was toe sy die boek geskryf het.

Maar laat ek eerder my bek hou. Net nou word hy toe gem…oeder maar dis ‘n koue dag hier.

Geniet die naweek.

23 thoughts on “Om te f..n d@nn$r of nie. Dit is nou ‘n ble.. verdomde vraag daai. Ouma, bring die peper!

  1. Ek dink nie ek is eintlik gekwalifiseerd so to speak om hieroor kommentaar te lewer nie want ek lees nie eintlik Afrikaans nie maar soms by Amazon kry ek die eerste hoostuk van ‘n Afrikaanse boek en ek lees graag resensies. Ek lees egter baie en kan net byvoeg as vloek en seks nie ‘n rol per se speel in die boek of fliek nie hoort dit nie eintlik daar nie? En dis soms so gedwonge asof die skrywer graag raakgesien wil wees, mense lees dikwels om verkeerde redes.Maar wat sal ek weet.

  2. In Zambie mag jy nie vlodk nie ( jy mag wel babahonde, gesteelde goedere, ensovoorts verkoop…solank jy net nie se……ek mag dalk nie die woorde hier noem nie). Voel vir my skynhielig om van mensdom te verwag om nooit te vloiek nie….komaan…we’re human after all…en glad nie goddelike wesens nie.
    En die Suid-Afrikaanse samelewing wat hulself as ‘wisteria lane’ mense beskou moet binnekort van hulle wit perdjies afklim.
    Realiteit van ‘n freakin boek…jy moet jou karakters geloofwaardig maak…so as sy moet p… se, dan moet sy dit se!
    Want in die werklike wereld is daar eintlik sulke vroue…soos Antie Stienie in die welbekende storie.
    Ek het ‘n Nipplecaps and G-string show deur Gigi eenkeer bygewoon. Was verstom deur die storielyn ( as jy verby die naaktonele (wat op hul eie baie klassiek was) kon verbykyk) en ten spyte was ek geskok met mense se aanmerkings…dames in hul middeljare (wat let wel…alle waarskuwings oor waaroor die show sou gaan), die hele show gekyk het en na die tyd vreeslik baie negatiewe goed daaroor te se gehad het.
    Nou’s my vraag…Hoekom lees jy dit dan? Sit neer die freakin boek en lees Leef!. Want as jy nie kan besef daar is mense wat so kommunikeer nie, why bother?

    • Haloooo, welkom hier! Dis altyd vir my so verbasend hoe die Afrikanervolkie ook so te velde kan trek teen vloek, maar intussen besteel en belieg hulle mekaar links en regs. Strange indeed.

      • Ek dink ook dit is so dat dit kan gebeur dat ‘n baie goeie boek/storielyn deur te veel vloek verlore kan gaan, omdat jy ‘n sekere deel van jnou lesersdemografie kan verloor, wat tog deur jou storie geraak kon word. Dis ‘n fyn lyn.

        Selfs die skrywer het dit na die tyd gesê. Dis ‘n groot kuns om ‘n karakter geloofwaardig te laat vloek, sonder dat jy ‘n leser tot boekneersit dwing.

        Kom vertel nou oor jou avonture!

  3. Hi, Murphy! Lekker om jou hier raak te loop.

    Ek is ook MOS nie ‘n koek nie, maar mense moenie dames se onderdele so misbruik nie…
    sê ek.
    😀

    • Hi Lou! Ek lag so, my kollega het na ‘n show van Lizz Meiring gaan kyk, waar sy van Aspoestertjie vertel, maar die storie se naan is As-vrouedeel-tjie. Ek het my gebreek toe sy my vertel!

  4. ha-ha – ek het nogal gesmile toe ek dit sien … en nee wat, jy het definitief nie voorgekom as ‘n verkrampte koek nie, glad nie. en ja – ek moet se, sy het dit baie mooi hanteer. oor die ander gebeure, hou ek ook maar my bek soos trisa se …😉 stilbly is ook ‘n antwoord.

  5. Ek dink nie jy het jou voet te diep ingesit nie😉 Ek dink elkeen is geregtig om te sê wat sy smaak is, en jy het dit nogal heel ordentlik gedoen. Ek dink as ek ‘n boek oor my lewe moet skryf, sal dit verban word, nevermind nog bevraagteken word oor die vloekwoorde. Dis hoekom boeke eerder FIKSIE moet wees😆

  6. Wat ‘n goeie skrywer van die kaf skei, is mense wat hoor wat jy sê en probeer verduidelik waarom mens sekere dinge doen. Ek dink jy het meer as genoeg reg om te sê jy hou van iets of nie van iets nie. Ek het self die betrokke boek gelees waarna jy verwys en was self ‘n paar bladsye in geskok. Meer omdat ek nie gewoonlik sulke genres lees nie. Maar as skrywer, het ek dadelik myself in hierdie (ware) karakter se skoene gesit. Hoekom praat sy so? Want sy’s bitter. Seer en kwaad. Die vraag is. Indien daar ‘n streep te trek is, waar trek mens dit?

    • Marion, en elkeen se streep lê op ‘n ander plek, en dankie tog daarvoor. En dankie tog party se strepe is willer as ander s’n!

      Wat ek baie waardeer het, was haar moeite om vir my te verduidelik, dat sy nie vies was nie en kans gesien het om direk met my, as leser, te interact. Dis baie cool.

      Ag, en ek wil tog nie hê iemand moet dink ek is ‘n verkampte koek nie. Net nie dit nie!!!🙂

Wat sê jy?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s