Een kou daai tjwieng-gum so njomnjomnjom.

Ek en ‘n vriendin of twee praat nou die dag hoe naby aan mekaar ‘n mens (of die meeste mense) se lekker- of slegvoel lê aan hul vermoë om ander mense te verdra.

Daar kom sommige dae dat jy verkoueloos, hooikoorsloos, pynloos en skeetloos deur die dag gaan, en sodoende ook in staat is om elke vreemde, ongeskikte en wanaangepaste kreatuur wat jou lewensdrumpel betree, se geite uit te staan.

Maar kom die oggend wat jy met die vallende snotsiekte of ‘n verlammende kramp  ontwaak, of jou panty kruip pal elke tien minute tussen jou linker- en jou regterwang in, hoofmeisie-style, en skielik voel dit vir jou jy kan die een in die cubicle langs jou ‘n PK gee as sy haar koffietjies te lank roer.

Op so ‘n dag, hoe onregverdig dit ook is (janee, life ain’t fair, né), kan ek mos besluit iemand se gesig sit my af deur net aan die buitekant van sy kop te verkeer.

(“Hoe onbedagsaam, gesiggie.” Dink ek skielik nou aan Hilda van 7eLaan-faam. Wonder hoekom?)

Of ‘n aanhoudende gekug kan later voel of dit deur my vlees dreun, my oordromme vibreer al of iemand besig is om die stiebeuel teen die hamer in my oor te kap. Dis mos dan wat jy lus voel om die kantoor-staple te vat en een se onderlip oor sy kop te trek en hom agter teen sy nek vas te kram.

Of een in die ry voor jou in Tjêckers kou daai twieng-gum soe njomnjomnjom, met klein klapgheluidjies tussen-in, so smaklek-lekker. Njampie-blerrie-njam.

Of een knip sy naels binne hoorafstand. Knipperknipperknipperknipper. Later wonder jy hoeveel vingers en tone het die een nou eintlik. Produk van ‘n radioaktief-eksperiment, dalk?

Ergste is, op so ‘n dag, as een met jou stry en jy weet jy’s reg. Jy weet dit. Maar jy kan nie die moroon oortuig nie. Jy kan mooipraat, verduidelik, terughou en logika gooi. Jy kan ook dalk “ag my fok tog” sê. Aan die binnekant. En aan die buitekant ook. Hoorbaar.

Maar dit help nie. Op so ‘n dag bly dom maar net donners onnosel, there’s no two ways about it.

Ag, wat help dit om te kla. Iewers is daar iemand wat net so gatvol is vir my ka….bollie. En my onnooslikgeit. Onnooslikes en irriterendes, unite!

Ek sal julle hoofmeisie wees.

 

 

 

12 thoughts on “Een kou daai tjwieng-gum so njomnjomnjom.

  1. Ek sit en werk in die een office en in die ander office , geskei deur ‘n altyd oop deur sit en mannetjie met ‘n vreeslike irriteerende stem en praat …hou nie eens op om asem te haal nie.
    Toen my geduld by die venster uitspring ….staan ek op en gaan maak die deur toe …Skielik is dit doodstil in al twee offices ….net vir tien sekonde maar hoe salig en daai vuil kyke ,kry lekker tot in my …

  2. Op sulke dae wat almal se alles my irriteer het ek al agtergekom dis ‘n migraine wat aan die kom is. En sulke dae is dit vir my erg om ‘n juffrou te wees. Want gewone kinders is dan wildewragtags en as hulle eers agtergekom het jy voel sleg dan PES hulle vir jou

  3. lekker lag ek nou. is bly om te hoor daar is nog mense wat ook prikkelbaar is.

    ja nee kyk – ‘n mens kry daai dae wat elke liewe dingetjie ‘n mens irriteer. snuif is my gunsteling – en ook mense wat met die sout en peperpot en cutlery op die tafel speel en kap kap kap.

    en praat van hoes en proes – mense wat jou op die mond soen en styf druk en net daarna vir jou vertel hulle is siek – i mean, wtf?
    🙂

  4. Sulke dae is nodig, om jou aarde toe te bring, ek dink. Want die volgende dag voel jy weer moontlik effens beter, en dalk skaam oor al jou gedagtes die dag tevore. Jy let ook weer op jou eie gewoontes en besef, iewers sit iemand dalk en marteltegnieke verfyn of hoop jy verdwyn.🙂

  5. As daar ‘n ding is wat ek haat is dit mense wat kougom kou en dan met jou praat! Dit voel of suur deur my are hardloop en by elke gat wil uit kook! So paar jaar terug was ek verantwoordelik vir al die hotel se aankope en soms moet mens maar met al die verkoopsmense mooi glimlag en aandagtig luister oor hoe wonderlik hulle produk is. So het een “antie” ook sommer kou-kou by my ou kantoortjie in gerol en al “her kouende” vir my probeer vertel hoe wonderlik die nuwe alkohol produk is. Ek is later so opgewerk dat dit voel of daar ‘n vulkaan in my agterwêreld is. Sy was nog nie by die deur uit nie toe bel ek sommer haar werkgewer en verduidelik wat ek dink. Het haar nooit gesien nie, maar wel darem ‘n kis bier as troosprys gekry!

    Die volgende ding is swak telefoon etiket.
    PS Dink ek word oud, al meer dinge maak my moer knorrig en geduld minder.

  6. Dit is sulke dae dat jy lus is om ‘n koppie te gooi net om te sien hoe dit verkrummel. Of om vir ‘n rukkie van die aarde af te klim net om asem te skep voordat jy weer saamspeel.

  7. Ek verstaan jou pyn. Ek was so ‘n paar maande terug op ‘n kursus wat ‘n kleinhuisie vol geld gekos het en waar ek die groter gedeelte van die drie dae moes gebruik om die aanbieder reg te help. Die probleem is dat ek een van daardie kursusgangers is wat altyd heel agter sit en doodstil bly en daardie persoon wat altyd al sy persoonlike en maatskappy issues saambring en bespreek haat soos pes. Toe moet ek soos ‘n idioot optree want die aanbieder praat die hele tyd nonsens.

    Ek het nou die aand ‘n program gekyk oor die doeane beamptes van Australië wat ‘n Oosterse dame wou beboet omdat sy kos ingebring het en dit nie verklaar het nie. Sy sit die hele tyd en doen daardie vieslike kougom ding, ek skree later: “Sluit haar summier toe!”

      • R 10 000 later en ek weet toe meer van die BBBEE wet af as die aanbieder. En ek wou spesifiek meer uitvind oor die implementering en praktiese goed, ek verstaan die wetgewing, ek kan mos lees. En sy is ‘n prokureur, as julle ooit ‘n arbeidsprokureur gaan gebruik, vra my tog net eers of dit nie dalk hierdie wettertjie is nie. Lekker naweek vir jou , drukkies vir daardie twee liefies.

Wat sê jy?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s