Geskryf deur Volksblad se webredakteur, MJ Lourens.

MJLourens

Ek hou nie van krieket nie – ek kyk dit nie, dit verveel my tot die dood toe – maar ek het ‘n ietwat hartseer in my stem vandag as ek oor Hansie praat.

Is dit omdat ek dit moes lees? Is dit oordat die foto op die voorblad wat ons aan hom herinner ‘n sagte, wit en swart potloodskets is? Is dit oor jy op die internet foto’s sien wat sê: Hansie. Die held wat moes sterf vir erkenning? Is dit oor ek opgehou rook het en net ‘n rede soek om vandag te huil?

Miskien. Miskien nie.

Die eerste keer toe ek van Hansie Cronjé gehoor het was as kind, maar toe ek werklik ingeneem het wie en wat hy was, was toe die nuus oor die knoeiery gebreek het. Radio. Toe na die TV. En die volgende dag in die koerant. Ek kan nog presies onthou…

View original post 121 more words

6 thoughts on “

  1. Ek gaan hom nie vergewe omdat hy dood is nie. Maar hy het jammer gese waar ander nooit erken het wat hulle gedoen het nie en aan gegaan het met krieket speel.

  2. Ek was nog ‘n kranenige (alhoewel baie average) krieketspeler toe die storie uitgekom het. En ek het Hansie werklik verwyt vir wat hy aan my sport gedoen het…nie soseer dat daar geknoei was nie, dit was en is after all algemeen in die sport sedert die middel 1800’s, maar dat HY geknoei het. In die oë van spelers en ondersteuners soos ek was hy beyond reproach. Vandag, meer as ‘n dekade later, kan die effek steeds gevoel word en het krieket net nie meer die geloofwaardigheid wat dit behoort te hê.

    Ek het egter lankal my issues met Hansie besweer (indirek natuurlik). Hy was maar net ‘n mens en mense maak foute; my lysie is BAIE langer as wat syne ooit sou kon wees. En soos hy moes ek ook deur ‘n proses van vernedering gegaan het om weer my prioriteite in orde te kry.

    Ek het egter een oorblywende krapperigheid oor die hele storie…en dit is dat hy selfs tydens sy trane soveel mense beskerm het wat deel gehad het hieraan.

  3. Ek het van Hansie gehou. Soveel ander het al erger opgefok as hy. Vrouens verneuk, dagga gerook, by prostitute geslaap. . . Arme Hansie. Hy was eintlik regtig ‘n oraait ou🙂

Wat sê jy?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s