Oordeel nie. Dis hArmone.

Ek is besig om in een van daai ongeskikte soort mense te verander. Julle weet mos, daais wat grom as jy hulle groet, of vinnig wegkyk, vir net ingeval jy dalk sy/haar oog vang.

Ek sien ek word nou so.

So grommerig.

En wegkykerig. So los-my-ytttttt-terig. Soos my pa. Hy was so los-my-ytt. Hy is later van tyd, kort voor sy dood, uit sy vyfuur-domino-klub geskors by die buiteklub. Oor iesegrimmigheid, want niemand kon meer lekker met hom huishou nie.  Vra vir oom Giep en oom Pollie, en oorlede oom Kolie. Hulle sal jou mooi vertel van die Vannermerwe-iesegrimmigheid.

Maar voor julle my nou oordeel en dink: “Ek het geweet daai ou ding is eintlik ‘n dingES,” laat ek myself verduidelik. Laat ek eksplaneer, soos mev. dr. ds. prof. Van der Strontpraat eenkeer vir my ouma gesê het.

Ek dink dis hormone. (Of harmone soos een vrou een keer in die skoonheidsalon vertel het. Sy is dokter toe oor haar HARMONE wat nou so mOElikheid gee.)

Daar is dalk ‘n goeie rede hoekom ‘n mens se vrugbaarheid afneem na 30. Dalk is jy nie veronderstel om, terwyl jy plooie beveg, ook vyfjariges moet beveg nie. En ‘n career van jou eie nie. En grootkorporasiewiele nie. En jou man se rugprobleme nie. En jou spreading middel nie. En huurhuise se stukkende vloere en kragbokse nie. En molotov-cocktails en plaasaanvalle nie. En Julius Che Malema se dralende teenwoordigheid nie (Watter deel van boggerof verstaan hy nie?).

So.

Dis nie die wêreld nie. Dis hArmone. En gene.

Oordeel nie.

22 thoughts on “Oordeel nie. Dis hArmone.

  1. Dit gebeur maar met meeste mense lyk dit vir my. Ek het heelwat verander in die laaste paar jare, dit maak ook saak watter mense jy om jou het wat jou so ontstel.

  2. Dink dit is omdat jy nie meer lus het vir al die onsinnigheid wat rondom jou gebeur nie. Ek raak so as mense rond poer en ek wil klaar maak! Dan begin jik soos ‘n ambei en dan krap ek! As ek klaar is, is almal se moere suur en ek voel sommer stukke beter. So moenie skuldig voel nie, selfs dit gaan ook weg met ouderdom die skuldgevoel.

  3. Hormone se gat! Hoe ouer ek raak , hoe meer besef ek net die lewe is te kort om my met stront op te hou. So ja, ek raak (is) soms iesegrimmig, veral as mense my tyd mors, of hulself belangrik hou, of beter as ander hou, of kommin hou. Of te veel praat as ek wil stilte he. Of my goed vra wat hulle self kon uitgevind het (al van google gehoor?). Of nie die eerste keer luister as ek praat nie. Of dink hulle is “smart” na ‘n dop of twee. O hel, as ek nou so teruglees, kan dit dalk harmone wees?😈

  4. Demone, dis wat dié goed is. DE – MO – NE.
    Dit van iemand vir wie jy lief is en waarvan jy hou en maak haar iemand vir wie jy net lief is.

  5. Pingback: Blog-ontploffing « Kouevuur

Wat sê jy?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s