Die formule van besluitneming

Wat is die formule vir besluite? Waar kan ‘n mens dit op die internet gaan soek?

Image

Iemand het een keer vr my gesê as ek ‘n groot besluit moet neem, moet ek die voordele en nadele in kolomme gaan neerskryf en dan sal die antwoord vir my duidelik word. Dis mos logies, as daar meer goed in die minus-kolom staan, dan moet ek dit nie voortgaan met wat ek wil of nie wil nie.

Vir my is daardie benadering windskeef. Nie oor dit ‘n slegte benadering is nie, maar omdat ék later nie meer weet of iets in die plus- of minuskolom tuishoort nie.

Hierdie raad, soort van deur myself uitgewerk uit ondervinding en ook aan my meegedeel deur ander regterbreiners, gaan beter af: Skryf die twee opsies op twee stukkies papier neer. Sit dit in ‘n houer. Skommel. Steek jou hand in en neem een, sonder om te kyk, natuurlik.

Die oomblik wanneer jy die papier uittrek, daardie millisekonde voor jy kyk watter een jy getrek het, luister jy baie hard na jou hart. Hy gaan vir jou sê watter een jy wil/moet doen, nog voor jy gekyk het.

Dit werk genuine.

Dit geld groot en klein besluite. Soos moet jy weggaan uit ‘n dorp en trek, of wil jy sjokolade of vanilla-roomys hê?

Wag, waar is my papiertjies?

32 thoughts on “Die formule van besluitneming

  1. Ek word soms gedwing om ‘n vinnige besluit te maak, en dit deur mense wat die ding al vir dae oordink…. en dan is EK die een wat die moeilikheid kry as dit ‘n verkeerde besluit was! Ai!!😦

    • Wat ook werk is om ‘n muntstuk op te gooi en ‘n besluit aan die kop en ‘n besluit aan die stert te koppel. Dan, terwyl hy om en om spin, luister jy na jou hart oor wat jy wil hê moet bo land.

  2. Besluite wat met die kop geneem is, het my die liefde van my lewe gekos. Pity ek het nie destyds daardie papiertjie-in-die-hoed manier van jou geken nie😦

  3. Sjokolade roomys asb.

    Dit is makliker (nie maklik nie maar slegs ‘n makliker besluit) om te trek wanneer jy op jou eie is as wat jy nog gesinslede het aan wie gedink moet word.

    Niks is eenvoudig in die lewe nie.

    Ek hoop jy kon die regte besluit neem …

  4. IS dit nodig om te oorweeg? En te kies? Is dit nie een van daardie voor die hand liggende goed nie? Waar dit net vrees vir die onbekende is wat besluitneming terughou?

    • Ja, dit is nodig, in die geval, omdat dit lewensgevolge het. Dis nie so voordie hand liggend as wat dit blyk nie…Ek moet in elk egval nog eers baie info kry. ..:(

  5. Ek is self een van daardie mense wat die voordele en nadele van ‘n besluit opweeg. As dit egter by roomys kom verkies ek om met my hart te besluit.

    • Ek maak, tot my eie nadeel, die meeste van belsuite met my hart. Ek het al lekker afgetjop daaroor. Maar kolomme werk genuine glad ne vir my nie.

      Daar lê ‘n groot besluit vir my voor, en ek het egter besluit om die kolomme dies lag in tespan, in samewerkig met my baie logiese wederhelf. Want hierdie een is te groot vir die hart alleen.

  6. Soms moet ‘n mens net dankbaar wees dat jy nog besluite kan neem, dit is daardie ander mannetjie wat ek mee sukkel, daardie een waar jy iets MOET doen, of jy nou lus het of nie.

Wat sê jy?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s