Holkol-wintergevoel

Toe ek vanoggend opstaan, en die mistigheid lê oor tussen die bome in ons tuin, was dit meteens of die mistigheid wat die afgelope paar weke op my hart lê, lig.

Ironies, is dit nie?

Een soort mis wat ‘n ander een laat verdwyn.

Dit is ongelukkig nie my tuin nie, as dit maar was.

Die koms van die winter hou altyd vir my ‘n soort misterie in, asof daar hierdie jaar iets opwindends gaan gebeur wat nie verlede jaar plaasgevind het nie. Dit gebeur elke jaar dat ek so voel. En dan gebeur daar niks, behalwe dat dit verskriklik koud word, en ek teen Junie wens die winter was al om. Veral ná my verjaardag op die 19de, want dan is daar niks om na uit te sien behalwe die lente wat voorlê nie.

Maar my holkol-wintergevoel vanjaar, hou dalk ‘n stukkie waarheid in. Hierdie keer is die moontlikheid tóg daar dat daar opwindende dinge vir my voorlê. Dalk kom daardie groot geleentheid vanjaar, dalk is die die jaar waarin drome bewaarheid word en stresse minder.

Miskien vaar selfs die proverbiale skip my hawe binne, hoewel ek vermoed hy’t dalk duskant St. Helena gesink.

Maar nou ja, nou is dit skouer aan die wiel, sokkies optrek. Want nie een van daardie goed gebeur, as jy nie jou kant bring nie.

9 thoughts on “Holkol-wintergevoel

  1. Ek het die holkol van verwagtinge op my maag elke oggend nou. Ek begin my nuwe werk volgende week. Dis jare lank nou ook dat ek vermoed dat my skip gesink het of deur seerowers gekaap is.

  2. Ek mos hierdie brandende begeerte om in die Gamka berge te gaan boer. As ons soggens in die winter op Plaas Nig se plaas opstaan is die berge, vallei en sommer die hele plaas toe onder die mis.
    Die reuk van die wintersplaas maak my mal!
    2012 is ok my jaar!
    Sterkte

  3. ‘n Matige winter met stormsterk geleenthede jou toegewens, Murphy! Jou skrywe in die Volksblad het my laat traan – ek het ook so ‘n meisie geken in ons kusdorpie, “Ek wil-ek-kan-ek-moet-ek gaan”- ‘n blogskrywe maar ek het geen idee hoe om die link vir jou te stuur nie🙂 aai, dis al Maart en my voorneme om beter te blog is nog in bic-pen op die eksamen blok geskryf…

Wat sê jy?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s