“Oppas vir die roomyskarretjie!!!”, gil sy terwyl sy die stuurwiel ruk.

Ek dink gister was daar heelwat seer koppe in Bloemfontein. Die Chivas en die Moët het mos gevloei. Daar was ‘n hele paar senuweeagtige beeste en witmense het sommer vanself padgegee as hulle blou ligte sien aankom het.

Selfs padgegee vir die roomyskarretjie, verneem ek. Vir die wis en die onwis, ”want mens kan mos nou nie vandag meer weet of jy sommer agter in ‘n vangwa gegooi gaan word nie, en oe jimmel, mens wil ook nou nie die naweek daar tussen húlle gaan deurbring in ‘n sel nie, jy weet.” Ogies rol en dit gril skoon.

Dis lekker om uit die hoogte te sê ek sou nie so gewees het nie. Ék sou tog nie myself so vergryp het aan die luukshede as ek die mag (én geld) gehad het wat die Man on Top nou het nie. Dis mos net swartmense wat so sleg is.

Dink weer, sussie, sê ek noudiedag vir myself. Dink weer.

Jou voorvaders het dit immers gedoen.

Ja, die brassery was nie so ooglopend nie, dis waar. Dis in geheime kamers gedoen (Geen Vroumense Toegelaat) met snaakse seremonies, handdrukke en tassies. Ek wéét, die oorleweringe is oorgedra, ek is tog die prduk van ‘n Broederbonder-oupa aan die een kant en ‘n Vrymesselaar-oupa aan die ander kant.

Die original baantjies vir boeties. Gepatenteer. Á la Afrikaner.

Want mag is lekker, en geld is lekker. Dit laat jou goed voel. Maak nie saak of jou van Van der Merwe of Mokoena is nie. Vra maar vir mense wat met ryk Afrikaners te doen kry. Hulle is net so ‘n groot PIA (Pyn in Agterwêreld) as rykgatte in die ANC. Met hulle Prado’s en huise “aan die kus”.

En hulle fietse op rakke agter op die 4×4. ‘Want ons gaan oefen as ons by die see kom.” En hulle boobjobs en bote. Hulle drink net nie meer Klippies nie, maar konjak. Met hulle vriende by Blues.

Die hele lot is PIA.

Ag maar ek ou dit gelaaik het as dit ek was. Ek sou nou met my splinternuwe boobs op die strand by La Lucia gelê en tên het. In plaas van om te werk, mos.

20 thoughts on ““Oppas vir die roomyskarretjie!!!”, gil sy terwyl sy die stuurwiel ruk.

  1. Ek het die mening en die daaropvolgende kommentaar interessant gevind. Dat daar baie verkeerde dinge in Afrikaner se verlede gebeur het, is wis en seker. Ons is nou aan die ontvangkant en alles wat verkeerd is in SA is nou ons skuld. Die ironie is dat ons ‘n geslag wit kinders groot maak wat betaal vir die sogenaamde “sondes van die vaders” en verseker vorentoe hierteen gaan rebelleer. Dit is daarom juis ons geslag se verantwoordelikheid om reeds die onreg wat in naam van demokrasie gepleeg word aan te spreek. Verkeerd gaan voort tensy dit aan die lig blootgestel word! Die vraag is: wat doen ek en jy daaraan en hoe lank gaan ons toelaat dat ons kinders na agter in die ry gedruk word. Dit help nie dat ons stilgemaak word deur steeds op al die tekortkomings te wys wat nog 100 jaar gaan neem om reg te maak nie en daagliks skep ons nuwe onregte.

  2. Ons Afrikaners sal dit mos nooit in openbaar erken nie! Geld gee status en aansien en wie sal nee sê vir so iets. Stem, maar twyfel of ek as man goed sal lyk met ‘n “boob job”! Wat sal die dominee Sondag sê as ek met breë borskas die kerk in wals?

  3. Ek het tot die besef gekom dat ek hopeloos te min van daardie tyd se dinge weet om regtig sin te maak aangaande wie se skuld dit is. Wat ek wel weet is dat ek gatvol is om vandag te betaal vir gister se dinge.

    Ek sou natuurlik ook dan met my gat in John Voster gesit het, uitgeskel geword het vir ‘kafferboetie” en so voorts, hoekom?

    Omdat ek op n swart vrou se heup groot geword het, en ek dit moeilik vind om te haat as sy my dan gebad en gevoed het van dag tot dag.

    As jy sleg is, sal jy sleg wees. Maak nie saak wat die kleur van jou vel is nie.

  4. Jip, maak nie saak of jy wit of swart of bruin of geel is nie. Mag maak jou korrup een of ander tyd.
    Nou wonder ek wat maak jou voorsate jou? Vrybonder of Broedermesselaar lol.

  5. Ons het dit dalk verfyn. Hierdie bende is net besig om dit nog ‘n bietjie verder te verfyn. Die volgendes…
    Gelukkig is en was daar darem altyd die wat nie met die stroom saamgegaan het nie.

  6. Ek smaak mos hoeka ‘n opregte champers pleks van cheap borreltjies.

    Ek lees hoeka ‘n gedeelte van Albie Sachs op google, en daar is ‘n foto van hom langs sy kar, nadat die bom ontplof het wat sy arm saamgeneem het, en sjoe, ek kry sommer ‘n knop in my keel. Hierdie is ‘n mens, nie ‘n boom nie, is ‘n mens wat daar sit en bloei.

  7. ek is met jou op die ene. N plat magie sonder sweet en pyn. Om heeldag te peusel aan truffles, oesters, garnale, mossels en sushi rolle. Oeee, bliss. Ma, ag wat! Appels en n jembroodjie en n vinner vol katjiebotter is nie te versmaai nie.

    • Arm wees is in sekere opsigte nogal lekker, maar ek kry nog steeds ‘n steek in die hart as iemand met ‘n grend kar by my verby ry. Dis seker maar menslik.

  8. Lekker geskryf, hierdie. Dit is baie goed om op hierdie manier na dinge te kyk.
    Maar moet jou nie laat intrek in die mode om alles wat sleg is aan “die Afrikaner” toe te skryf nie. Baantjies vir boeties is nie deur ons uitgevind nie. Die Vrymesselaars is hoeka ‘n Britse organisasie.

Wat sê jy?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s