Die slagting op die paaie

Die slagting op die paaie is besig om my regtig onder te kry. Gister het hier weer 19 mense doodgebrand in ‘n ongeluk naby Frankfort, en vanoggend moet ek ‘n storietjie skryf oor ‘n jong man wat vandag, op die heilige blerrie vakansiedag – wat vir boere nie bestaan nie  (en ek verstaan dit want my pa was self ‘n boer en dis nou planttyd hier in die Vrystaat) ‘n trekker moes gaan regmaak vir sy baas, die bakkie gerol het en nou dood is.

Toe ek jonger was, het die slagting my nie gepla nie. Seker oor ek nie toe kinders of kraaie gehad het nie.

Nou die oggend roep die polisie my uit na ‘n ongelukstoneel hier naby. Sonder dat ek dit verwag het, klim ek oor die rail langs die pad, reg by ‘n vrou wat dood onder die motor vasgepen lê.

Doodsbleek dood, seker in haar 30’s. “Dis mense van Lesotho,” deel die polisieman my mee, asof dit nou seker dan nie so erg is nie.

Ek wonder of sy kinders het, en of haar ma-hulle vir haar wag miskien in Johannesburg waar hulle vir Kersfees sou gaan kuier het. Of so iets. Die hoofweë hier en kranksinnige bestuurders moet eenvoudig net een te veel wees vir mense wat net die kronkelpaadjies in Lesotho ry, want ek het nou al oor menige ongelukke geskryf waarin mense van die bergkoninkryk betrokke was.

As jy die oggend die vrou onder die motor gesien het, dan waardeer jy net soveel meer die lug as hy so lyk daardie aand:

8 thoughts on “Die slagting op die paaie

    • Ons het ‘n definitiewe toename in die bedrywighede van die provinsiale verkeer opgemerk. Nou die dag sit ek en wag by ‘n padblokkade om ‘n storie te doen, toe marsjeer hulle op en af parade. Ek was verstom. Hier in die Vrystaat is die beroemde (berugte) Butana Komphela mos nou die baas van Verkeer, en hy vattiekaki. Be he what he may.

  1. Ek weet nie hoe jy dit hou nie. Maar soos jy sê, jy geniet jou werk. Vir ons wat nie sulke dinge aldag sien nie, kan dit baie erg klink. Moenie ophou om vir ons te vertel nie, asb!

  2. Dit is baie hartseer dat mense nie die padreëls nakom nie. Mense skroom nie om te jaag of om te drink en te bestuur nie. Party gee ook nie om dat ‘n voertuig oorlaai is nie.
    Mense moet besef dat as hulle agter die stuur van ‘n motor inklim, moet hulle vir almal op die pad dink, nie net vir hulself nie.
    Sterkte met jou werk, dit klink nie maklik nie.

    • Maryke, ek lees nou terug en dit klink of ek ‘n vreeslike teemgat is oor my werk. Ek geniet dit einltik verskriklik! Ek hoop jy het ‘n wonderlike nuwe jaar en dat dit nog meer opwindend sal wees as hierdie jaar (dit gaan moeilik wees, jy het darem baie adventures gehad in 2011)!

Wat sê jy?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s