Boobs, wapperend in die wind. Hoop ek.

Eerskomende naweek sak sowat 7 000 motorfietsryers ons toe wanneer die Poison-rally, die grootste rally in SA, hier by ons gehou word.

Nou kyk, ek like ‘n biker. What you see is what you get. Ek sien die organiseerders sê mense moet asb vir ouma en die kinders by die huis los, want hierdie is ‘n rally vir bikers, en nie motorfietsentoesiaste nie.

Ek lag eintlik in my binneste, want ek het so ‘n eks-boyfriend wat meer geld het as wat goed is vir hom, en hy stal gereeld op sy facebook-bladsy foto’s uit van hom en sy vroulief waarin hulle met hulle BMW GS’e deur die Bolandse berge toer.

Dáái is nou motorfietsentoesiaste.

Ek is ook eintlik net ‘n kyk-entoesias, want hoe later die paartie mos raak, hoe kwater. Ek is maar versigtig vir sulke goed, maar ek kan my nou net indink hoe lekker dit moet wees om jou leerbaadjie én broek én onderbroek uit te trek en in die oord se warm swembad te spring terwyl jy jou bier oor jou kop hou.

Ek en ‘n vriendin het kort ná universiteit ons sakke gepak en vir drie maande deur Amerika gaan toer. Dit was voordat die hele wêreld dit gedoen het, might I add. Toe land ons heel per ongeluk op die Biketober Fest in Daytona, Florida. 

Daar het ek my innerlike bikerchick ontdek. (Eintlik het sy al wakker geword toe my pa my in standerd 3 op ‘n biktetoer see toe geneem het, maar my pa-hulle was ook maar eintlik net entoesiaste).

In Daytona het ek agtergekom niks gee my aanstoot nie. Dit was nogal lekker om met daardie deel van myself in aanraking te kom. Ek dink dis waar ek my kapasiteit om ‘n joernalis te word, ondek het.

Niks wat ek daar gesien het, het my geskok nie,  en glo my, aan skokkendhede was daar beslis nie ‘n gebrek nie. Ek het nie deelgeneem aan enigiets nie. Net gekyk. Gekoekeloer.

Daar het ek ook agtergekom my hart klop wild as iemand ‘n bike langs my rev.

Nadat ek daar amper ook ‘n lot bikers doodgery het oor ek aan die verkeerde kant van die pad gery het, het my voorliefde vir rally’s nooit opgehou nie. So ek gaan Saterdag langs die straat staan, heel voor.

En jislaaik, ek hoop ‘n antie wys haar  wapperende boobs vir die koekerige skares terwyl sy agter op ‘n chopper sit.

Haai, het ék dit gesê?

16 thoughts on “Boobs, wapperend in die wind. Hoop ek.

  1. Ek het nou lekker hier gelees. Laat my terugdink aan my universiteitsdae (toe ek ‘n motorfietsentoesias was, nie ‘n biker nie.) Dit was darem lekker om net sommer alleen die ooppad te vat, na wie-weet-waarheen.

    Plaaslik is mense gaande oor Harley’s. Hoe lawaaieriger, hoe beter. Meeste Aussies het al klaar ‘n spul tattoe’s op die arm en baie van hulle maak dit ‘n gewoonte om vreesaanjaend te lyk, met uitgerafelde baarde en vreeslose sonbrille. Naweke sien jy hordes bikies op die paaie, oppad om iewers te gaan bier drink in die koelte van ‘n bloekomboom.

  2. Pingback: Oudword is nie vir sissies nie… « Bileam se Donkie

  3. Jis, ek is ‘n opreggeteelde “boob” man en ek wens heimlik ook daarvoor. Seningswyf is alte bewus van hierdie swakheid, moet net seker maak die spruite is nie hier iewers rond nie… Dit laat my dink aan daai gedig “varkleerbaadtjie en klinknaelbroek”…

    Ek het hom op Google gaan opsoek;

    Varkleerbaadjie en klinknaelbroek
    ek is Baaiplek se skorriekoning
    styfspanblous en nog stywerspanbroek
    sy’s my morrie my morriedoring
    dis sy en ek en ek en sy
    wat die mouterbaik so heluitry
    ons is een van Baaiplek se baie pare
    raasbekskorriemorriesnare
    maar ek is ammal se skorriekoning
    en sy’s my lekkerdingmorriedoring
    blits is die fles en blits in die lyf
    wisenwragtag neuk dit styf
    gee pad daar voor hier kom die koning
    styf handommielyf sit my lekkerdingdoring

    Wie het dit nou weer geskryf? Willeboer, Marais, ag ek kan nie onthou nie?
    Geniet die vertoonvenster…

  4. Die coolste wat ek gesien het was Sober Jannie wat KAALGAT op sy easy rider van die Aliwal Noord se Buffalo Rally teruggery het Alexandria toe. Punt in die wind, sonder ‘n enkel draad klere behalwe sy leer boots en sy Ray Bans. Bikers vetreenwoordig die anarchiste in die samelewing. Super-ego afgeskakel vir 3 dae.

Wat sê jy?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s