Ons is maar almal arm van gees

Om verantwoordelikheid te neem, is nie maklik nie. Of, eintlik is dit maklik, ‘n mens sê mos maar net: “Ja, ek neem verantwoordelikheid.” Dan gaan jy aan met jou lewe en verwag die een wat tenagekom is, moet vergewe en vergeet.
Amper soos die wittes nou maak oor apartheid: “Ja, ja, daar was apartheid, ons neem verantwoordleikheid daarvoor. Kom nou net oor dit en hou op om te kerm daaroor!” Maar dan teem ons nog lekker oor die Anglo-Boereoorlog en konsentrasiekampe. Maar dis nie waaroor ek nou wil skryf nie.
Daar is ‘n wesenlike verskil tussen verantwoordelikheid neem, en VERANTWOORDELIKHEID NEEM. Die tweede een maak seer. Want dan moet jy verstaan wat jy gedoen het. Ou pankop Phil sê alte graag vir mans wat die kat in die donker geknyp het: “Jou vrou gaan jou nie vergewe vir jou affair met die sexy stripper, voordat jy nie verstaan het wat jou ontrouheid aan haar gedoen het nie.”
En om dit te kan doen, moet jy werklik verstaan. Jy moet kan verstaan hoe dit vir die ander mens gevoel het toe jy gelieg het oor waar jy was. Of toe jy nie jou beloftes nagekom het nie. Of toe jy goed gesê het toe jy gesuip was wat jy nie die volgende dag kan onthou nie. Of toe jy vir jou kinders gesê het jy sal hulle kom haal, en toe vergeet het daarvan. Of toe jy ‘n afspraak met ‘n vriendin gehad het en toe eerder iets lekkerder gaan doen het wat op 99 opgeduik het. Watookal JY doen om mense seer te maak, maak nie saak nie. Dis wat jy doen nadat jy hulle seergemaak het, wat die verskil maak.
Vir ‘n lang tyd was ek kwaad vir my pa oor goed wat ek nie hier gaan opnoem nie.  Want ek wou so graag gehad het hy moet tog net een keer in sy lewe verantwoordelikheid neem vir wat hy aan my gedoen het (of eerder nie gedoen het nie). Hy moet vir my sê: “Jammer my kind, ek het jou seergemaak. Ek het nie belang gestel in jou nie.  En ek is regtig, regtig regtig jammer daaroor.” Natuurlik was dit ‘n gesprek wat vir etlike jare, in verskillende variasies, net in my kop plaasgevind het.
My pa is stoksielalleen dood. Net ek het langs sy bed gesit.
Sonder kind of kraai het ek langs sy bed gesit en vir twee weke lank die kans gekry om hom te sê hoe ek voel en om hom te vergewe. Ek is tot vandag toe dankbaar daaroor. 
Dis eintlik my punt: As jy iets doen om mense seer te maak, dit maak nie saak of jou gedrag alkohol-, dwelm- , kompulsie, deurmekaargeit of net geengewete-induced is nie, sê jy’s jammer. En bedoel dit.
Moenie selfverduidelikende, selfbejammerende bullshit opdis om swak, vernietigende gedrag te regverdig nie.  Want net so moes ek ook in ‘n stadium ophou om my pa te blameer vir MY swak gedrag, en verantwoordelikheid neem vir wat ek aan ander gedoen het onder die vaandel van die “arme-kind-siestog.”
Om regtig jammer te sê, maak seer. Want dan moet jy jou diepste slegwees ontbloot. Jou armgeit van gees. En iewers is ons almal arm van gees, de laaste een van ons. Doen dit voor dit te laat is.
 
 
 
 
 
 

28 thoughts on “Ons is maar almal arm van gees

  1. Hi Murphy

    Ek hou van hierdie insetsel, juis omdat dit so waar is: “En iewers is ons almal arm van gees, de laaste een van ons.” Ons sien dit in mekaar, en as ons gelukkig is, sien ons dit in onsself en kan ons aanhou strewe na minder armte!

  2. Aangename kennis. Nee, nie net die cliche van hoezit nie. Ek weet hoekom jy so goed skryf. Dis omdat jy die lewe raaksien vir wat dit is en dit so beskryf en die leser (ek) powerfull laat na die omgaan met die stuk. Jy inspireer my eie jong en onervare skrywes. In kort: dis aangenaam om jou hartgoed te lees!!!!! Bly te kenne!

  3. Meisiekind, dis nou ‘n moerse nice skryf joppie hierdie. High fives vir jou…
    Ek lees almal se kommentaar hierbo en wonder toe; Was daar nie dronkgat Ma’s ook iewers nie? Of is ons sagter op die oor, oor Ma’s se foute, tekortkominge en kak aanjaag?
    Just asking, you know, use it don’t use it…

  4. Soos altyd, baie goed geskryf. Ek kry eintlik hoendervleis, want die ooreenkomste (pa / dogter) is groot (drank / koma / alleen). Ek het hom jare terug al vergewe, maar myself… Dankie, jy laat my diep dink vandag.

  5. My father had a problem also with an addiction (I will not say which one) I feel I had no childhood, that as the eldest I had to grow up fast and I had to be tough. He died alone in a government hospital and when I got the news it was like … phew! I am finally free to live my own life.

    • What is so sad, is that you can see this person destroying everything and everyone around them. And normally you can either do nothing about it, because you are a child and too young to really dos omething, or the person is absolutely unwilling to get any help from you as an adult. It took me years to really move on, and sometimes I think stuff stays around until the day you die.

      But I took the decision long ago never again to let it influence my behaviour. For that which I have control over, in any case.

  6. Hallo Murphy,

    Baie dankie vir jou uiterse waar woorde wat deur murg en been sny en op ‘n ieder en elk van ons van toepassing is… Want, met dieselfde maat waarmee ons weeg en meet, sal ons geweeg en gemeet word.

    Ons almal maak die retrospektoskoop heel dikwels, en maklik, op andere van toepassing. maar laat na om die introspektroskoop op onsselwers te gebruik. Blyk ‘n veel moeiliker aksie te wees!

    • Inkyk is nie altyd lekker nie, veral as jy weet jy maak verkeerd. Maar is dit nie so dat, as jy regtig jammer gese het, jy ook beter voel nie? Daar is darem niks so sleg op aarde as jy weet jy’t iemand tenagekom, maar jy hte nie die krag om daai een om verskoning te vra nie.

  7. Diepe stof tot nadenke wat jy vandag hier vir ons almal gee. Ek was daar, I saw, I left. I survived. Verder wil ek net sê ek is BAIE bly jy skryf weer, my oe was al seer gekyk hierso🙂

  8. More Murph,

    Jy het vandag baie hard met my gesels. Ek glo ook dat jy moet verantwoordelikheid neem vir jou lewe en die pad wat jou lewe loop, want dit is jou eie toedoen dat jy op daai roete is. Maar vandag het jy dit so verwoord dat ek sommer weet ek doen dit nie altyd nie. Dankie dat jy my vandag terug gebring het werklikheid toe.

    (Het jy gehoor? Letterdash Blogs word so stuk stuk van nou af geskuif na WOrdpress toe. Hulle het lyk my die stryd gewonne gegee.)

    • Ek dink verskriklik aan jou. Het jy al jou geld gekry by daai skelms? Ek raak moerig oor wat gebeur het.

      Ek het nogal gewonder of mens dan maar weer daar kan aangaan, ek sal eers die kat uit die boom uit kyk. Same shit, different wrapper (darem net sommiges).

      • DIs vir my so mooi dat jy darem aan my dink.

        Nee, hulle het nog nie eers 1c vir my gegee nie. Hulle probeer nou vertel ek het nooit vir hulle gewerk nie. Maar dis maar hulle saak, ek gaan nou die wereld vir hulle warm maak.

        EK is nou pal terug in die Laeveld. Doen maar weer vir nou my eie ding. Werk my gat af, maar kla min. Maar een ding is seker. Moz sien my nie gou weer nie.

        • Maar jy’s gelukkig mos nie bang vir werk nie, en jy is iemand wat vir jouself moet werk. So leer ‘n mens ook maar hoe om skelms van ‘n myl af te sien (hoe anders sal ‘n emns dan nou ook leer). Sterkte!

Wat sê jy?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s