Kommin? Wie’s kommin ek sê, my bra.

http://herriemerrie.wordpress.com/2011/06/30/hoe-kommin-is-ek-regtig/, Herriemerrie het my getag.

Wat maak my kommin? Hhhmmm, kom ek dink bietjie.

Tiek tok tiek tok tiek tok…..

(Dit was ‘n teaser, ek hoef nie regtig daaroor te dink nie, ek wou haar maar net laat sleg voel oor sy ‘n class act soos ek so ‘n vraag kan vra.)

  • Ek kan te veel rooiwyn drink, en dan lag ek hard en aanhoudend.
  • Vir grappe wat nie snaaks is nie.
  • Ek poep onder die kombers en gooi dit oor die twinnies se koppe.
  • En druk dit dan vas.
  • Ek het skaapvelslippers en stokies.
  • Ek gooi nie altyd ‘n pantie dadelik weg as dit ‘n gat in het nie.
  • Ek lag vreeslik vir Wicus in Proesstraat. (maar nie vir Martelize nie, I’ll have you know).
  • My papegaai, Trompie,  skel al.
  • Ek het ‘n quadbike wat met drie pap wiele skeef-skeef staan onder my afdak.
MAAR:
  • Ek bel nie mense na nege in die aand nie.
  • Ek word gereeld na grênd tees toe uitgenooi. (En ek gaan actually soms).
  • Ek dra nie swart en bruin saam as ek dit kan verhelp nie.
  • Ook nie swart sykouse en wit skoene nie.

17 thoughts on “Kommin? Wie’s kommin ek sê, my bra.

  1. Pingback: Kwasstrepe van die lewe « Kouevuur

  2. Pingback: Mens moet eintlik common wees | alleman

  3. Dutch oven : Blowing hard ass wind under the covers several times and building up stench while your old lady is brushing her teeth and getting ready for bed, then when she gets into bed, pull the covers over her head and yell “Dutch Oven” and let her enjoy the stench of your ass gas for at least 30 seconds.
    When you are laying in bed with a “significant other” and you fart then hold her head under the blanket
    girl: what did you get me for valentines day
    guy: hold on…wait a minute…i got something….DUTCH OVEN!!!!

  4. Dankie vir die saamspeel. Ou Murph, lek jy nie eers jou vingers af as die kos lekker was nie?

    Ek wonder nou, is daar mense wat opstaan as hulle in hulle slaap wil poep?

  5. Ja, ek ken ook van bietjie te baie rooiwyn drink…en dan lag ek ook lank en hard en aanhoudend… vir alles en nog wat, husse-met-lang-ore, en alles tussenin! Dit pla my glad nie, want ek lag ook al te lekker: nie noodwendig laaste nie, maar dikwels lekkerste! Maar dit irriteer Manlief grensgraad duskant grensloos… Sal volgende keer maar vir hom ook ‘n slukkie gee- al is dit ook net om sy sinne te help verdoof!

    • Ag, ek is so bly jy is nou hier. Jy gaan nou so lekker skryf en lees!

      Ag en is ‘n kuiertjie met vriendinne om ‘n glasie rooiwyn tog nie te lekker nie, veral as ‘n mens lekker kan lag. Niks fout met dit nie, eintlik.

  6. Ooo! Ek het van Proesstraat vergeet. Ek is MAL oor Proesstraat en oor Wicus. Like ook nie die girl nie en somtyds is ou Waldi ook gangbaar.nie die girl nie en somtyds is ou Waldi ook gangbaar.

  7. “Ek poep onder die kombers en gooi dit oor die twinnies se koppe.” Ek het nou vreeslik lekker gelag, dankie😀

  8. Whoops! Ek het jou ook getag. Nie gesien van Herriemerrie nie! Sorrie, dan sal jy iets anders vir my moet doen. Jy sal moet blog hoekom jy eintlik die Class Act is.

Wat sê jy?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s