Rooi boots vir die ouvrou.

So het die groot Vier Nul gister ook vir my aangebreek.

Ek het nogal opgesien daarteen, en soos ek vermoed het gaan gebeur, was ek lekker tranerig Saterdag. Oor ek na my ma verlang het en vies was vir die heelal oor ek weeskind-weeskind moet verjaar.

Toe lê ek lekker jammergatterig op die bank met my vrotste sweetpak en my hare wat soos ‘n voëlnes lyk.

Ek hoor toe net iemand so vinnig agter my beweeg, en sien toe my vriendin, Elane, se blonde poniestert agter die deur in wip.

Ek loer om die hoek en sien hoe sy ‘n klomp eetgoed op die tafel uitpak. En ‘n bottel sjampanje met een van daai goed aan wat mens in die kar se agterruit vassuig, wat sê “40 and sexy”.

Toe hol sy weer uit en sê: “Sien jou later!”

Toe suprise my pelle my later (nadat ek gelukkig my hare gaan kam en ordentlik gaan aantrek het).

Kyk hoe mooi was die cupcakes.

Ek wou baie graag ‘n paar rooi cowboyboots wat ek al lankal eye vir my verjaardag gehad het, maar hulle het nie my nommer gehad nie. Toe sit my pelle maar vir my ‘n rooi boot op die koek.

Nou is ek 40.

Jippiiiieeeeeee!!!!

Sug.

22 thoughts on “Rooi boots vir die ouvrou.

  1. Geluk. Ek is kort op jou hakke met die groot vier nul en kry sulke angs aanvalle, maar meestal probeer ek net dankbaar wees. Ek verstaan nie dat ek net die simpel konsep van veroudering kan aanvaar nie. Hoekom klou sommige mense so aan hulle (alles behalwe foutlose) jeug (ek inkluis)? Hulle se^ bo en behalwe die lewenslesse, is entoesiasme al wat jy moet oorhou van jou jeug. Ek dink ek is bang ek verloor my entoesiasme. Ok…en na al daai profound and boring thoughts!! Jammer man. Wil eintlik net se^ hoop jy het ‘n fantastiese jaar.

    • Nou die dag toe let ek op hoe my ooglede begin sag. Liewe jimmel. Ek weet ook nie hoekom ek so klou nie, maar dit gaan sommer nou summier end kry.

      Aan almal wat my geluk gewens het hier bo, baie baie dankie!

  2. Ek het jou al gesê – jy is nog ‘n embrio!😆 Nietemin – hoop jy het jouself stukkend lekker verjaar. (Ek soek ‘n rooi jas om by daai rooi boots te pas😉 )

Wat sê jy?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s