Hou die donkie en die palmblare reg, die president is op pad.

Die dag as jy jouself as die verlosser sien, het die eindtye vir jou aangebreek. Die ironie van die saak is dat jy juis, uit die aard van jou eie almagtigheid, jouself dan eerste behoort te kan red.

Helaas.

Dit het nie destyds gewerk vir die allerheiligste Nasionale Party, verlosser van die Afrikanervolk en al wat seperatis is nie, en dit gaan ook nie nou werk vir sy allerheiligheid homself, Jacob Zuma en en Julius H. Christus, sy eniggebore dummysuiger nie.

‘n Mens kan, reg ook, geen aanhanger van die ANC kwalik neem oor hy meen hy veg aan die kant van geregtigheid en heiligheid nie.

Benewens die feit dat struggle-leiers en hul gesinne werklik gesuffer het, van hul families weggeskeur is, in ballingskap was – as hulle gelukkig genoeg was om nie in ‘n vlak graf op te eindig nie -, moes gewone mense elke dag met die wete saamleef dat hulle as minderwaardige skepsels beskou word. Selfs deur sommige bright sparks as diere. Vandag nog.

By daardie feit kan niemand verbykom nie.

En as jou ma of jou pa deur ‘n klong ‘n hele generasie jonger as hy/sy daagliks verneder, geslaan, toegesluit en mishandel is – of jy van jou grond verskuif is -, gaan jy dit nie gou vergeet nie.

Vra maar vir die mense wat nog steeds die Anglo-Boereoorlog veg.

Maar dis nou wanneer jy jouself as kort duskant God beskou oor jy in die verlede ‘n onreg aangedoen is, wat jou moelikheid met die heelal begin. Want die kosmos verdra nie grootkoppe nie. Grootkoppe word ‘n paar goeie Heelalklappe toegedien, een of ander tyd.

Ek het net gister vir iemand gesê: Jy mag nooit dink jy’s te grênd om ‘n paar lekker industrieëlgrootte snotklappe te kry nie.

Maak nie saak of jy Sol Kerzner of JZ is nie. Of Verwoerd of Blair of Bush nie. Of Joost of …

So as ek nou, in my beskeie opinie, vir JZ kan raad gee: Klim af van jou kruis af, jy’s nog nie Jesus nie. Luister wat mense vir jou sê. Nie die mense wat jou gat wil lek nie, die mense wat nie van jou hou nie. Hulle praat gewoonlik dit wat die naaste weergawe van die waarheid is.

Ek dog ek sê maar net.

9 thoughts on “Hou die donkie en die palmblare reg, die president is op pad.

  1. Lank, lank gelede het ek eendag in ‘n grap voorspel in 2014 gaan ‘n vrou die land regeer. Nou begin die onmoontlike al hoe meer moontlik lyk. JZ en Dalemma grawe hulle eie grafte.

  2. Ek lees juis netnou dat Zuma weer amok maak oor die media.

    SA laat my meer en meer dink aan Animal Farm. Eers moet die vorige regering uitgewerk word en dan word die nuwe verbeterde regering erger as die een wat uitgewerk is.

    Ek dwaal af. Ek dink Zuma en Malema is te vol van hulle eie belangrikheid om nog te kan luister.

    • Maar ek het nog steeds nie moed verloor nie. Sa is ‘n wonderlike land met wonderlike mense en om een of ander rede kom ons altyd weer op track. Die twee gaan uitgewerk word. Of ek hoop so.

  3. Baie snaaks geskryf, ek wens die ou kon dit lees!
    As hy nie dieselfde paaidjie as Mbeki loop nie, sal ek verbaas wees, want die een helfte van die ANC smee komplotte teen hom, en die ander helfte ook.

Wat sê jy?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s