My moermeter se moer is gestrip.

Vanoggend toe Stilman die koerant langs my neersit, het ek myself voorgeneem om glad nie nuus te lees nie. Om een of ander rede het dit vir my die afgelope tyd al hoe moeiliker en moeiliker geword om met die daaglikse opskrifte saam te leef.

My nuuspap voel aangebrand.

My Litnet-maat, Thomas, se fyn waarneming en humor oor die fools in die sitplekke, is nog al wat my die afgelope tyd deurtrek.

‘n Grap is ‘n grap tot iemand ‘n sambreel in jou gat oopmaak.

En Suid-Afrikaners het ‘n strandsambreel in hul kollektiewe agterwêreld op die oomblik, voel dit vir my.

Is dit hoekom ons mense mateloos geamuseerd voel deur die drivel wat uit die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf se fabriek uitgespoeg word? Oor ons net iets soek wat nie diep is nie?  Wat ons tog net nie laat grou in emosies nie.

Ek volg die saak van die moord op Willemientjie en haar ouers elke dag. Buiten dat die liegery in die hof dit amper onmoontlik maak vir die verslaggewer om sinvol oor die getuienis te skryf (en moet selfs iemand met goeie begrip soos ek soms twee keer lees om agter te kom wie het wat gesê), het my moermeter drie dae in die hofsaak in so in die rooi gedruk dat hy nou gestrip het.

Hy roer nie eens meer nie.

Apatie het oorgeneem. En dis gevaarlik.

‘n Gevoelloosheid. (Nie om met ongevoeligheid verwar te word nie, asseblief.)

Hoeveel kan ‘n mens nou ontstel word deur stront, voor jy op ‘n punt kom waar die absurde sò absurd word dat dit grotesk en onsnaaks word?

Kaderontplooiing, Julius Malema, Zimbabwe, plaasmoorde, die grap in die in die presidentskantoor, die paaie, Eskom, munispaliteite, kak in die drinkwater, voorgestelde mediawetgewing, Jimmy Manyi. Swart rassiste, wit rassiste. Dom donners wat mekaar vloek in die kommentare op nuuswebwerwe.

Laat ek voel. Nee, geen reaksie.

Ek sal aanhou lees. Môre, hopelik, word ek weer die moer in.

Nou gaan ek eers kyk of ek nie iewers ‘n Schucks-fliek in ‘n boks weggepak het wat ek kan afstof nie.

22 thoughts on “My moermeter se moer is gestrip.

  1. Ek wonder hoe lyk onse mense se moermeter oor die algemeen. Waar is die dae van net vry wees, kinners indie parkies, pa, ma en boetie en sussie en baba wat window shopping doen op ‘n Saterdag aand en die hele sypaaitjie is vol bekendes wat dieselle ding doen. Wag ek stop eers hier wil nie teveel oor die lekker dinge dink wat ons nie meer kan doen nie.Dis baie erger in feetjieland op die oomblik. Nemo drink hopeloos te veel. Liewe heksie vlieg nie meer rond nie, sy kry niemand om haar besem te herstel nie en nou sit sy en mixit die heeltyd die sms spelling help haar. Die drie varkies speel nie meer in die modder nie is nou toegesluit agter hoe mure en is heeldag doenig met xbox. Daar is nie meer ‘n wolf in skaapklere nie, dis onnodig en wolf stap rond en boelie almal want hy weet hy word beskerm deur die poliesie.Rooikappie bly nou in ‘n shack agter haar tannie se niggie se yard en kannie by ouma gaan kuier nie, haar pappie en mammie is altwee werkloos. Die volstruis se kop issie meer innie sand nie, hy het verstik innie rioolwater, Die drie beertjies het almal varkgriep, maar niemand weet dis terug nie…. en ons dink onse moermeters is gestrip….

  2. ag nee wragtag, maar julle moermeters is behoorlik gestrip. nou ja, ek weet nie of ‘n aartsoptimis ‘n moermeter het nie, maar ek is veels te optimisties oor ons ou landjie en al sy mense, ministers, meernisters (soos hulle eet) en ander medes om so te kla. ons land is pure bron van lag, verskeidenheid, ironieë en al dergelike dinge. kyk nou maar na hierdie blog/post – is dit nie te lekker om sulke woordskildery te bestudeer nie – in elk geval stukke beter as die koerante. ons lees die afgelope 6 jaar nie meer Beeld nie en kan sweer ons gemoed is al vir 5,99 jaar BAIE BETER.

    alleman, so seg ek ook mos. soos ou Nehemia van ouds; laat elkeen die muur (al is dit die CIA muur) voor jou huis herbou en siedaar, daar het ons utopia (o gaats, almal sal dit nie doen nie, so moenie worry nie, hemel sal nog nie hier arriveer nie).

    • Dankie vir ‘n lekkerlees kommentaar. Ek en Stilman het al oorweeg om te emigreer, maar reken toe as ons dieselfde hoeveelheid geld sandeer aan beveiliging as aan wat DIT sal kos, bou ons vir ons ‘n lekker Fort Knox.

  3. Ek het iewers gelees politiek is onoplosbaar en ekonomie is onbegryplik, tog is ek ook maar verslaaf aan die volg daarvan. Ouens soos Alleman het my al baie my opinie laat verander oor veral politiek so ek het in die laaste paar jaar geleer om my soms rampspoedige en onsmaaklike opinie (dit klink juis soos ons politiek) baie versigtig uit te deel, maar ek raak net so moedeloos soos julle. Sterkte met daai moermeter.

  4. Partaker maak ek maar soos ‘n volstruis: druk my kop diep in die sand. Maar more moet ek weer uit om vir lug en dan is die slegte nuus twee keer meer as wat dit sou ewes as ek maar bo die grond gebly het.

  5. Hulle sê mens moet eerder nie luus nees nie want dit maak mens net negatief. Maar ja, hoe kan mens dit miskyk? Dis asof hulle meer worry oor kakkerige goedjies as wat hulle worry oor goed wat saakmaak.

  6. Die hartseerste van alles is dat ons dink dis normaal om soos CIA agente te lewe, ons knip nie eers meer ‘n oog daaroor nie. Net soos wat ek twee naweke nie ‘n oog geknip het om 600 km ver te ry om my meisiekind te gaan oppas op ‘n verlate Karoo plaas toe haar man MOES weggaan vir twee nagte nie. Dit was OF heel naweek nie slaap van worry nie OF self ry en DAAR wees. Nie dat ek dalk self juis veel sou kon doen in ‘n noodgeval nie, maar nogtans.

  7. Ek is ook elke flippen dag moedeloos, en meesal het lei my moedeloosheid tot een of ander vorm van ontvlugting. Maar dikwels as ek aan die toestand in SA dink, dink ek aan wat Jan Brand gesê het: “Alles sal regkom as iedereen sy plig doen”

    Alles het nie reg gekom nie, inteendeel.

    En tog bly dit vir my iets om aan vas te hou. Geen politikus van vandag kan met so ‘n nederige, bullshitlose en tog hoopvolle iets vorendag kom nie, en ek dink nie mens is bloot ‘n stoere boer as jy dit herhaal nie. Dit bly waar, die rede hoekom alles nie reg gekom het nie, is omdat ons dit nie gedoen het nie. En alles het ook nie heeltemal tot niet gegaan nie, omdat sommiges dit wel doen.

    En as mens iets doen, iets wat op jou vlak, in jou eie sfeer, en binne jou vermoens is, dan kan jy weet dit is nie weens jou dat dinge nie reg gekom het nie. Daar moet ‘n manier wees om beter te voel as jy dit (iets) doen.

  8. Apatie is nie goed nie, maar om dit totaal te verloor ook nie.
    In ‘n see van PTSD light (dankie vir daai een) as gevolg van die daaglikse bestoking van die goed wat jy hierbo noem, is apatie ‘n meganisme om jou sanity te behou. Nie omdat jy nie wil voel nie, maar bloot omdat jy net soveel kan voel.

    • Dit voel my koppie haak bietjie uit. Ek dink ek gaan myself op ‘n nuusdieët sit. PTSD Light (dis ‘n plesier) is nie goed vir die siel nie, want maak jou kop te besig. Ek sê gisteraand vir Stilman, ons lewe soos CIA agente. As ons by die huis stop, check ons eers watter verdagte figure sluip rond en is enige vensters by die huis gecompromise. Soos goeie Suid-Afrikaners betaam.

  9. fiekels! Ek glo die prulflieks sal my moeriger maak as die (dikwels) onsamehangende nuusberigte. Ek kan nie nou juis in die tuin werk nie. Dus moet die hoenders ligloop. S.a politisie jaag aan omdat hul onbevoeg is. Waar anders as in s.a kan iemand wie weinig meer as laerskool opleiding het minister van dit, dat en daai word? Dis n resep vir strontstraal teen die fan. Maar nou ja, ek sien n dem hoender.

Wat sê jy?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s