Ag, kan ek nou tog net aan die gang kom hier.

Gisteraand, terwyl ek toe nou in die middernagtelike ure lê en Australiese Ope kyk (ek wou tjips vreet, maar die twinnies het alles klaar opgeëet, dus was my keuse beperk tot ‘n halwe pak Pro-Vita’s of pienk mini fizzers), het ek aan iets van waarde probeer dink om hier toe te voeg.

Toe draai my gedagtes later by net waardevol wees. (Dis nou nadat ek al in die tronk gedraai het vir skuld en weer uitgekom het ook).

Om van nut te wees.

Vir iets of iemand.

En toe daal daar ‘n swartgalligheid hier oor my neer, wat nie eens deur ‘n paar mooi manstennisboudjies opgebeur kon word nie.

Want sien, ek voel my mos nou die afgelope paar maande uiters waardeloos. So asof ek nie juis ‘n vreeslike bydrae tot die samelewing maak nie. Ek IS die klip in die pad, voel dit vir my. Ek is reg om gerol te word.  Of tot in my graf, of tot in die vinnige baan, want so kan dit nie aangaan nie.

Sien, ek het nog altyd gewerk. Ek het actually iets gehad wat hier in die platteland as ‘n LOOPBAAN bekend staan. Dit beteken ek het elke dag opgestaan, die spitsverkeer van tien karre  aangedurf en die drie kilometer werk toe gery. Ek het deadines gehad, stories geskryf, koerant beplan en met advertensiemense baklei.

Ek het onder my lessenaar weggekruip vir mense wat ek nie wou sien nie.

Ek het tot een maal die telefoon in tannie A. van die Agsiestogfooitogfooitog (ACVV) neergesmyt toe sy vir my gesê het ek is ‘n blerrie klein snip. Sorrie tannie, ek het regtig in daardie stadium gevoel dis beter vir ons altwee se welstand as ek dit doen.

Nou is ek ‘n huisvrou. ‘n Broompusher. ‘n Wasmasjienoperateur. ‘n Giller van: “Tel op jou speelgoed Offffff!!!”

‘n Toebroodjiemaker en snotafveër.

As my kind gil: “Mammmmaaaaaaaaaa!!” in daai storie-aandra-stemmetjie, dan rol ek al my oë en gaan haal die sug hier diep agter die diafragma uit.

Ek weet ek is van nut vir my kinders. En soms vir Stilman, as ek in die mood is en nie dik voel nie, en beenhare geskeer het. Ek is van nut vir hulle, want ek gee regtig om vir hulle. Ek is lief vir hulle.

Maar hulle kan nie meer my hele lewe wees nie.

Dit het weer tyd geword dat ek vir myself van nut is. Vir die wêreld daar buite. Ek moet weer iets kan bydra, iets wat nie afhanklik is daarvan dat ek ‘n ma of ‘n vrou is nie. Net ‘n mens met ‘n brein.

Iemand wat waarde het, suiwer vir die waarde daarvan.

18 thoughts on “Ag, kan ek nou tog net aan die gang kom hier.

  1. Wow, daar het jy dit! En dit nog komende van ‘n man! Ek stem 100% saam met hom. Om kinders groot te maak, is ‘n veeleisende verantwoordelike en hoogs ingewikkelde en professionele beroep! As jy suksesvol is, is jou bunus groot . Jy is van onskatbare waarde vir jou kinders en niemand anders kwalifiseer so goed soos jy vir daardie job nie!

  2. ai ou murphy, ek geniet jou skryfwerk so baie. kon sweer jy’s ‘n koerantmens…. en hier bevestig jy so wrintiewaar!

    ek gaan dalk nou daai buffel wees soos plaasjuppie sê, maar eintlik ook nie. my mooier-helfte is opgelei in ‘n profesionele beroep en het só gewerk tot ons gereed was vir skreeubekkies. toe ons uiteindelik, so 21 jr gelede besluit het om met ‘n gesin te beginne, het sy sterk standpunt ingeneem om MA te wil wees…sien, ons het met mense gewerk; met moeë kinders en moeë ouers; met creches en “nannys”. so, sy het gereken dit wat ‘n ma aan haar kinders bied, is onvergelykbaar meer as wat enigiemand kan (en meestal wil). so het ons ons gesinnetjie van 3 begin. ek moet erken, ek het by tye gedink she’s taking it too far; die kinders kan maar by ander bly, dis goed vir hulle, ons kan doen met die geld ens… later, toe die kinders skoolvaardig was, het sy weer halfdag begin werk, om die uitgawerekening beter te laat lyk.

    wag, laat ek kort raak – my kinders is nou uit die huis, amper uit die huis en die laaste een is “voor-jy-jou-oë-uitvee-uit-die-huis. en nou die dag sit ek so en dink, en later met hulle gesels…… en een groot, soos jy self sê, heelalsnotklap tref my in die gesig: die belegging wat my mooier-helfte in die lewe van my kinders geplaas het die afgelope 21 jr, is meer werd as enige belegging wat sy in die beste beroep op aarde EVER kon plaas. ek sê nie ons is ‘n perfekte gesin of het perfekte kinders nie – nee wat, ons is nog nie in die hemel nie – maar ek kan hoor en sien dat daar ‘n stewige fondament in elkeen van hulle is; en met die amazing genade van onse Heer wat saam met hulle sal wees – want sien, dis ook ons plig om hulle aan die voete van God te kry – kan hulle uit die huis voortgaan en Godsverheerliking leef (iets wat ons almal mos eintlik moet doen).

    jy wil van nut wees, waardevol vir iemand. sjoe, kyk sommer net daar, na jou twinnies! ek beloof jou, dis nie my mangeit wat die wou skryf nie….ons sou erg goed kon doen met die ekstra geld over 21 jr. maar ek dank die Here vir my mooier-helf se besluit. nou kan ons, soos paulus skryf, eendag ons gesin voor God plaas en met ‘n skoon gewete seg, Vader, hier is wat u aan ons toevertrou het!

    dis ondankbaar ja! dis uitputtend! baie dae wil albei van ons weghardloop! maar so gaan dit maar by ‘n werk en vir ‘n baas ook né! en huisvroue, moet asb nie aan julle selwers dink as glorified chief cooks and bottlewashers nie. julle werk waarskynlik baie harder as enige 9-5’ver daarbuite!

  3. AMEN! So try ons almal maar, di snet enkeles wat genoeg vuur in die gat het om aan die gang te kom, ek hoop jy’s een van hulle, there must be more to it than blogging what we feel, ek dink dis soms die problem, ons voel te veel dink te veel en word onderdruk deur die donners wat superfical is en hapy is met ‘n normal en vewrveelige existance. en soms is die wat actually die passion het om verder te gaan onderdruk om te conform tot die norm, wie de fok het die wet geskryf van die normaal. ek se jou wie dis die midel aged white male wat hulle vrouens op hulle plek wil hou ( ie. wydsbeen onder hulle tollies en pregnat voor dei stoof met pearl earings besig om breakfast te maak en lucnch broodjies te pak.) dis die historic quest om jou en laat conform tot die weel of teh greater good en plat val tot social genocide en addiction tot inpas of fokof idees. Gelukkig is daai era verby maar ongelukkig is dit so imprented op ons idee van happiness dat dit moeilik is om los te breek van conformity. ( ps ek het niks teen die middel aged white male nie dis ongelukkig net die patriale legecay wat gelos is deur duisende jare se “normal” wat nie maklik afgesjud kan word met die laaste 100 jaar se feminsim en equal right syndroom nie) okey eks no te die moerin om verder te coment. al wat ek eintlik wou se is kry jou gat in rad en doen wat jy moet doen om nutvol te voel!

  4. Ek moet sê ek verstaan nie hoekom daar by Litnet gedurig sulke fights uitbreek, en mense dan hulle blogs delete nie. Dis seker maar ingebou in die stelsel – as daar ‘n aangestelde prefek is, is daar ‘n veronderstelling dat mense mekaar kan aansê hoe om nie te skryf nie, en so aan, en op die ou end werk te veel mense mekaar gedurig op.

    Dit lyk maar simpel van buite gesien.

    Hopelik gaan jy weer van hierdie blog onthou. Jy sal sien hier is oulike blogs (nou nie myne nie) – wat mens maklik kan mis as jy nie weet nie,

    • Dankie vir jou kommentaar, alleman. Ek is seker dit lyk uiters simpel van buite gesien, ek stem saam met jou. Vir my was daar nie ‘n ander keuse as om my blog te delete nie. Tyd om los te maak en skoon te maak en bietjie ‘n breek te vat daar. Ek het deel van die probleem geword (ek met my skoon mond en lang geduld met moroniese gedrag) en het myself maar so stilweg verskoon daar. Dit was nogal ‘n toets vir my om te sien of ek genoeg moed het om my los te maak van drie jaar se skryfwerk. Nie maklik nie, glo my, maar baie bevrydend!

      Nou moet ek eers lekker veertig word oor ‘n paar dae en hopelik gaan ek daarna dan hier kom inval.

  5. Ek kry soms daai gevoel van nie van nut wees nie, al werk ek. Dis seker maar onvermydelik as mens op daardie manier dink. Maar miskien is dit net mense wat soms so voel, wat nuwe dinge begin doen, en op nuwe maniere begin dink.

    Watter koerant het jy gehad/ voor gewerk?

    • Ek was die redakteur van een van Media24 se gemeenskapskoerante wat hier in my ou dorpie geleë is. Dit was lekker, maar ek sal dit nie sommer weer doen nie. ‘n Mens raak later almal se eiendom en daar is nie veel van gesinstyd sprake nie. Die dat ek maar later klaar gemaak het daarmee.

  6. Ag nee man jy speel vuil!
    Ek kan nie aan een lighartige, niksseggende, generiese kommentaar op die inskrywing dink wat my nie soos ‘n ongevoellige buffel sal laat lyk nie. (Which I probably am by the way, but that’s off the record)

    Grappies tersyde. Ek dink almal van ons het daardie behoefte om nuttig te voel . Hoe daardie behoefte manifesteer wissel sekerlik van een individu tot dievolgende, maar ek twyfel nie dat dit daar is nie. Jou quest is nogal ‘n uitdaging, gegewe die grootte van die dorp. Sterkte daarmee.

    • Jy kan buffels wees so veel jy wil! Dis waar, die kanse dat ek hier ‘n groot pos en salaris gaan verdien is nie baie groot nie! Maar ek dink ek meot die slag na myself draai vir die antwoord, en die korporatiewe monster ‘n groot skiep gee.

  7. Heita Girl!! Welkom in jou virtual woordstoot visbak😉 Ek voel toe mos ook so… waardeloos – die “there’s got to be more to life” notion klou aan my soos ehhhhmmmm klitsgras en dit krap en jeuk – en ek reken altyd so lank as wat dit krap moet mens dit aandag gee. Netnou raak die krap weg en mens raak alles gewoond – tot jou mundane ‘ou’ self😯
    Anyways… al gedink wat jy wil (gaan) doen? Wat is die opsies? Al ‘n lysie gemaak van (1) goed wat jy kan doen (2) goed wat jy goed kan doen (3) goed wat jy voor tyd het (4) wanneer jy daardie tyd het (5) of jy daarmee wil/moet geldmaak (wat dit natuurlik altyd net sovéél meer die moeite werd maak vir mens se genoegdoening – hang af…) (6) – (10) – ag jinne, enigiets anders wat jy (of dalk ander bloggers) kan noem om op die lys te sit.
    First things first. Doen eers daai. Dan’t jy darem al iets gedoen in die regte rigting.
    (Die feit dat jy wil, gee jou reeds waarde).

    • Hoewel ek ‘n baie slegte lysie-mens is, sal ek dit ‘n go gee! As ek darem uit netbal afrig kon geld maak, was ek al skatryk! Maar helaas. Ek sal vanaand bietjie voor ek gaan slaap my lysie in my kop begin voorberei, dalk dop die onderbewuste met iets op teen môre-oggend.

Wat sê jy?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s