Ek is ‘n verslaggewer wat die meeste van die tyd werk.
Ek is die ma van ‘n vyfjarige tweeling en die vrou van ‘n rugbyfanatikus wat meestal weg van die huis werk.
Ek hou van TV kyk, rondlê, gesels, kuier, rooiwyn en oor die algemeen so min as moontlik doen. Ek kry dit net nie altyd so goed reg nie, want daar is altyd ‘n storie om te skryf.
Verder verander ek van persoonlikheid as ek netbal speel en was al bekend daarvoor dat ek iemand uit die pad skouer. Askies. Ek rig ook netbal af.Kan dit al wees?
Apparently so.
Hi Murphy
I am English first language, maar ek probeer my Afrikaans Tweede Taal verbeter, en lees toe jou blog met veele belangstelling. Ek het ook gister my eerste storie in Afrikaans geskryf
Ek geniet jou honesty, en weet dat dit nie maklik is met ‘n tweeling nie (vriende het ook tweeling girls die selfde ouderdom).
Keep writing and entertaining us..
Dankie, dis nice van jou! Jou eerste Afrikaanse storie was baie lekker om te lees!
Hallo Murphy!
Bly om van jou te hoor, klink so asof ons dieselfde voel oor skryf. Hier’s my favourite quote wat ek seker is jou sal ‘bless’:
‘There’s nothing to writing, all you do , is sit at the typewriter and bleed.’ E.Hemmingway
Nou vra ek jou, wat dan, as die inspirasie net nie wil bloei nie….
….en jy eintelik weet, dat al wat jy moet doen, is om die pen te vat en te skryf????
Jip, procrastination….kan jy identify?
Heeltemal, en weet jy, met respek gesê is daar eintik niks wat kreatiewe skryfwerk so smoor as koerantwerk nie!
‘n Mens moet behoorlik jouself dwing om kreatiewelik aan die skryf te kom as dit nié werk-related is nie.
Gelukkig kry ek kan som so af en toe ‘n rubriek te pleeg ook!
aangename kennis
Het altyd jou skrywes by LitNet geniet. Bly dat ek jou weer hier raakgeloop het. Latino
Dankie, dis lekker om te hoor!
Ah wat ‘n kompliment!
Dankie Danie / Latino
Murphy, aangenaam om jou te ontmoet via jou blog. Hou van die skryfbenadering – selfs van die “skouer” deel. Ek verstaan dit is die “killer” instinkte!
Ek weet nie hoekom is my kommentaar hierbo dedupliseer onder die haam: gorge nie, seker een van die rekenaar se tricks om vir my te wys wie’s baas. Intussen het die tweeling 7 mnde oud geword en is absoluut pragtig. Joune seker ook!
Hallo Murphy! Welkom by my blog en in blogland, hoor! Ek is weer die ouma van ‘n tweemaande oue tweeling! Ek haal sommer my hoed vir jou af. O jy wil of nie, jy moes fluks geweees het toe die tweetjies klein was! En verder hou ek ook baie daarvan- die niksdoending….
+1
Is there a way I can follow you in English with free wordpress translator?
Carl, I suppose so, I have absolutely no idea how that works!
google translator will help you , just put it in Afrikaans and it will translate it to english
Hallo Murphy! Welkom by my blog en in blogland, hoor! Ek is weer die ouma van ‘n tweemaande oue tweeling! Ek haal sommer my hoed vir jou af. O jy wil of nie, jy moes fluks geweees het toe die tweetjies klein was! En verder hou ek ook baie daarvan- die niksdoending….
Hello! En ek is ‘n ma van ‘n 24-jarige (?) tweeling!!
Ons gaan nog lekker saamkuier.
Dis ‘n voorreg. Aangenaam.
Hi Murphy
Langarm oor die eternet ontmoet ek jou – hallo murphy
Aangename kennis gardiol.
Aangename kennis…